► Rekordgetal van 48 politieke partye amptelik geregistreer vir nasionale verkiesing op 8 Mei vanjaar – 19 meer as in vorige verkiesing in 2014 ► Leier van Black First Land First (BLF) Andile Mngxitama gee gebalde vuis swartmagteken by bekendstelling van politieke partye by Gallagher Estate, Midrand, en sê hulle beywer hul net vir die belange van swart Suid-Afrikaners ► MTN en Vodacom sê hulle sukkel baie om selfoontorings tydens kragonderbrekings aan die gang te hou, sommige gebiede swakker selfoonsein of selfs geen sein nie ► NG Kerk op Klipplaat in Oos-Kaap orrelpype uitgehaal en platgekap en al die koper van deure verwyder ► KYK: Vereeniging vandag 21 Maart as Menseregtedag ontwrig deur diensleweringsbetogings – volg hierdie skakel ► Blanke SA Lugmagpersoneel in Mosambiek vervul sleutelrol in reddingsoperasies van gestrande Mosambiekers ► Gepubliseerde syfers toon dat militêre begroting van China $175 miljard beloop, teenoor die $750 miljard van die VSA; vir China verteenwoordig dit 1,3% van BBP, teenoor 3,7% van die VSA ► In België is genadedood op 2 357 mense toegepas in 2018 ►

Halaal-teken in SA R45 miljard vir Islam

Bykans alle kosprodukte vandag te koop in Suid-Afrikaanse supermarkte en winkels dra die Halaal-teken, wat ingevolge 'n ooreenkoms tussen Moslem-instansies en die regering 'n bepaalde oorbetaling in 'n Moslem-fonds meebring. Volgens inligting bedra hierdie oorbetaling nagenoeg R45 miljard per jaar.

In 'n mediaverklaring vestig die klein Christen Demokratiese Party (CDP) weereens die aandag op hierdie ingrypende praktyk wat normaalweg sonder ophef aangaan. In die mediaverklaring word gesê: “Die CDP ondersteun Christen-verbruikers in
hulle veldtog teen die Halaal-teken wat in restaurante en op produkte in supermarkte verskyn. 

“Dis hoog tyd dat aandag gegee word aan hierdie onbillike en diskriminerende praktyk en dat die CRL Kommissie die saak deeglik ondersoek. Ons bevraagteken die verklaring dat hierdie bedrag minimaal is, aangesien dit R45 miljard per jaar beloop.

“Om te sê dat die hierdie koste nie op die verbruiker afgewentel word nie, is ook lagwekkend, aangesien besighede in die reël altyd kosteverhogings op verbruikers afwentel.  Na ons oordeel is dit ’n verdere rede vir die buitengewone styging in voedselpryse.

"Die verklaring van die Halaal Sertifikasieraad dat die teenaksie 'Islamofobies' is, is nie slegs voorspelbaar nie, maar tewens belaglik. Die ervaring bewys dat Moslems meer 'Christofobies' is as wat Christene  'Islamofobies' is.  Gerapporteerde verklarings dat aantygings oor hoe hierdie fondse  moontlik aangewend word, is ’n saak vir die CRL Kommissie om te bepaal.  Dit is nodig dat ’n onafhanklike forensiese oudit gedoen word meer as net ’n oudit deur n 'gerespekteerde ouditfirma.

“Ons benodig antwoorde oor hoe hierdie R45 miljard per jaar spandeer word.  Ons
maak verder beswaar teen die feit dat die fondse gebruik kan word om moskees te bou of om Islamitiese 'kerklui' te betaal. So ’n aksie sou sekerlik neerkom op blatante diskriminasie teen die Christelike gemeenskap.

“Ons maak verder beswaar teen die verklaring wat na bewering deur SANHA
woordvoerder, Ebi Lockhat gemaak is waarin hy sê dat Moslems nie aan die
Heilige Drie-eenheid glo nie, en dan insinueer dat Christene se geloof in die Vader, Seun en Heilige Gees op aanbidding van afgode neerkom. Die CDP beoog om ’n beswaar teen hierdie stelling by die Menseregte Kommissie in te dien dat SANHA ’n besliste Christofobiese standpunt handhaaf.”

Vir meer besonderhede, kontak eerw. Theunis Botha, CDP-leier by 083 657 2482 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

1 comment

  • Petro - Vrydag, 20 April 2018

    Dis hoogtyd dat hierdie praktyk deeglik ondersoek word. Daar is omtrent geen produk op die mark te kry sonder die halal teken nie. En wat word uiteindelik met al daardie geld gedoen? Terrorisme? Wapens wat menselewens en gemeenskappe verwoes? Ek wonder maar net????

    Report

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top