Print this page

Vrae oor SAFTU / NUMSA staking

Vrae soos die volgende word gevra oor die effektiwiteit, nodigheid en ware agenda van die huidige SAFTU / NUMSA staking oor sg. minimum vergoeding en die 15% BTW koers:

  • Onder die reël geen werk, geen betaling, hoe lank kan die derduisende broodwinners bekostig om van die werk af te bly?
  • Wat sê die ondersoek van NEASA dat 'n opname getoon het dat 66% van maatskappye en ondernemings nie deur die staking hoegenaamd geraak is nie?
  • Dieselfde geld die feit dat 23% van maatskappye en ondernemings wat wel deur die staking geraak is – 7,8% van alle maatskappye en ondernemings – totale afwesigheid van hul werknemers ervaar het.
  • In geheel is is volgens NEASA slegs sowat 50% van alle werknemers onder die staking afwesig by hul werk. Wat sê dit?

NEASA kom tot die gevolgtrekking dat 'n groot segment van werknemers in SA vertroue in vakunies verloor het om effektief namens hulle te beding. Daarom verminder die ledetal van vakunies – in ooreenstemming met die neiging wêreldwyd.

Voorts het beter gekwalifiseerde werknemers hul bedenkinge oor tradisionele vakunieprosedures, terwyl die onrealistiese eise van vakunies in die huidige strawwe ekonomiese klimaat en groot werkloosheid, ook hul tol eis.  

Gradeer die artikel
(0 stemme)