Print this page

Miljarde in mynbedryf vir SEB

Dit is veral in die mynbedryf waar die grootste swart ekonomiese bemagtiging toegepas is met sowat 'n astronomiese R159 miljard wat die afgelope 12 jaar aan swart vennote oorgedra is. Dit is bekendgemaak deur Mike Teke met sy uittrede as president van die Kamer van Mynwese. Hy het daarop gewys dat mynmaatskappye wat lede van die Kamer is, gemiddeld reeds 38% deur swart eienaars besit word.

Tans word finalisering van die nuwe Mynbouhandves gekortwiek omdat die Dept. van Minerale volgens mynmaatskappye te ver gaan met hul voorstelle vir nog skerper maatreƫls ten gunste van SEB, tot so 'n mate dat dit die lewensvatbaarheid en volhoubaarheid van myne ernstig kortwiek. Dit is bekend dat 31% van die goudmyne in SA en 40% van die platinummyne word huidig teen verliese bedryf.

 

Gradeer die artikel
(0 stemme)