►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Voertuiguitvoere R165 miljard

Voetuiguitvoere vanuit Suid-Afrika na die buiteland het 2017 bykans R165 miljard beloop – sowat 14% van die totale uitvoerverdienste van die land. Die syfer is egter af van die rekordbedrag van R171,1 miljard in 2016, toe dit 15,6 van die totale uitvoerverdienste uitgemaak het.

Totale inkomste vir die voertuigbedryf in SA het in 2017 meer as R500 miljard beloop. Die vervaardigingsektor in die voertuigbedryf is ook die grootste van sy soort in die nasionale konteks – 30,1% van die vervaardigingsuitset van die land. Dit beteken 'n bydrae van 6,9% tot die BNP (4,4% vervaardiging en 2,5% kleinhandel).

Gradeer die artikel
(0 stemme)

1 comment

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top