►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

"Lonmin-afleggings kan bloedbad wees"

Volgens die vakbond Solidariteit kan die afleggingskrisis waarin Lonmin hom tans bevind, tot 'n bloedbad i.t.v. werksgeleenthede lei. Die vakbond is egter positief dat indien Sibanye-Stillwater daarin slaag om Lonmin oor te koop, dit oor die lang termyn ʼn gunstige uitkoms vir die platinumreus kan bied en dat nuwe werksgeleenthede geskep sal word.

Dit volg nadat Lonmin, die derde grootste platinumprodusent ter wêreld wat weens ongunstige marktoestande op sy knieë gedwing is, ʼn tweede kans op oorlewing gegee is deur Sibanye-Stillwater, wat vroeër bekend gemaak dat dit Lonmin met ʼn transaksiewaarde van R5 miljard bekom het.

Die uitvoerende hoof van Lonmin, Ben Magara, het daarop gewys dat indien hierdie transaksie nie sou realiseer nie, sowat 12 600 werknemers tot en met 2020 hul werk kan verloor. Sibanye se vyfjaarplan vir Lonmin sluit klaarblyklik in dat alle bedrywighede by die platinumprodusent se ouer myne gestop en onder instandhouding geplaas moet word sodat die myne vir toekomstige ontginning behoue kan bly.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top