Print this page

Regering grootskaals Chinese in SA

Dit lyk of die SA regering op 'n veldtog is om soveel as moontlik Chinese belegging en betrokkenheid in Suid-Afrika te bewerkstellig. Sopas het die Limpopo provinsiale regering d.m.v. die Limpopo Economic Development Agency, met goedkeuring van die sentrale regering beleggings van sowat R150 miljard gemagtig in die Musina-Makhado Spesiale Ekonomiese Sone naby die Krugerwildtuin. Sodanige memorandum van verstandhouding is pas in Beijing met nege Chinese maatskappye onderteken.

Dit behels belegging in vier projekte wat tans in die ekonomiese sone aan die gang is, nl. kragstasie, koolstofaanleg, allooifabriek en staalvervaardiging. Na berig word is die oprigting van behuising vir Chinese werkers deel van die pakket, hoewel verklaar word dat plaaslike bevolking ook i.t.v. werkskepping sal baat.

Intussen is 'n SA handelsafvaardiging o.l.v. die Dept. van Handel en Nywwerheid (dti) tans in China om Chinese beleggings te beding vir ander SA provinsies, o.a. Mpumalanga, Noordwes, Vrystaat en Noord-Kaap. Vir hierdie doel word o.a. suksesvolle spesiale ekonomiese sones in China besoek, soos bv. te Shanghai.

Vir die Vrystaat word spesifiek gekyk na moontlike belegging in die Maluti-A-Phofung Spesiale Ekonomiese Sone by Harrismith, terwyl vir Noordwes belegging in die Platinum Valley Spesiale Ekonomiese Sone ondersoek word. Vir die Noord-Kaap word gekyk na bevordering van die Upington Spesiale Ekonomiese Sone.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

1 comment