►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

SABS stel nie meer standaarde nie

Volgens 'n mediaverklaring van die DA, is daar onweerlegbare getuienis dat die SA Buro vir Standaarde (SABS) disfunksioneel geraak het en as 'n instansie nie meer in staat is om sy mandaat t.o.v. die vasstelling en handhawing van standaarde na te kom nie. Die situasie het na berig word só versleg dat die vervaardiging- en ingenieursektore verliese van tot R4 miljard in potensiële uitvoere ly.  

Voorts het die chroniese verlies aan kliënte en inkomste tot gevolg gehad dat die SABS 'n verlies van R40 miljoen gely het in die 2016/17 finansiële jaar. Oor die algemeen kan die verval van die SABS as 'n sentrale rolspeler in die nasionale samelewing as 'n reuse terugslag vir SA beskou word.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

2 opmerkings

  • FANIE KEMPEN - Vrydag, 06 Julie 2018

    Ons as jong entrepreneurs registreer as uitvoerders skep werk geleentheid betaal alle belasting maar word nie na gekyk nie. As jy hulp vra van SARS lyk dit my niemand kan jou help nie want hulle het nie die nodige kennis of is nie opgelei nie
    Ons staan alleen en besigheid is nie maklik daar buite vir 'n eenmansaak saak nie.
    Daar moet 'n liggaam geskep word sodat ons ondersteuning moet kry en laastens ons swart jong manne betrokke te kry en op lei om hulle eie sake te kan begin
    As die Chinese suksesvol kan wees waarom nie ons

    Report
  • FANIE KEMPEN - Vrydag, 06 Julie 2018

    Dit kan ek ondersteun. My produk was getoets teen vlambaarheid, giftige gasses en
    roes en 'n SABS Sertifikaat was aan my firma uitgeryk. Die sertifikaat is nou verouderd en ons het die SABS genader om ons produk weer vir ons te toets maar net eenvoudig aan ons gesê dit word nie meer gedoen nie die koste daaraan verbonde sou R32,000. gewees het
    Ons het ons produk by 'n onafhanklike maatskappy laat toets teen vlambaarheid

    Report

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top