►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

MeerKAT teleskopiese projek in Karoo amptelik onthul

Die MeerKAT radioteleskopiese projek by Carnarvon, die grootste van sy soort in die suidelike halfrond en beslaande agt reuse skottels op 'n terrein van 130 000 ha is op Vrydag, 13 Julie amptelik onthul. Die projek vorm deel van die veel groter sg. Square Kilometre Array Telescope (SKA) wat ook nog by die projek opgerig gaan word.

Verskeie buitelandse regerings, maatskappye en navorsingsinstansies is betrokke by die projek en daar word verwag dat dit veral op wetenskaplike gebied en op die gebied van opleiding Suid-Afrika sowel as die deelnemende lande besonder sal baat.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top