►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Sasol Khanyisa: Stakingsmandaat teen rasuitsluiting

Solidariteit-verteenwoordigers van Sasol het eenparig ʼn mandaat gegee dat ʼn staking uitgeroep kan word in protes teen Sasol se omstrede personeelaandeleskema, Khanyisa, wat blanke werknemers uitsluit. Dit het gevolg nadat die KVBA op 14 Junie ʼn sertifikaat uitgereik het ter magtiging van ‘n wettige staking. Dit is die eerste keer dat blanke werkers in SA staak weens rasuitsluiting.
 
Dit volg nadat Sasol verlede jaar aangekondig het dat hy in die plek van sy bestaande werknemerbemagtigingskema, Inzalo, wat alle werknemers, ongeag ras, ingesluit het, met Khanyisa gaan vervang, wat geen voorsiening vir blanke werknemers nie. Solidariteit wys daarop dat die onregverdigheid hiervan die beste geïllustreer word deur die feit dat ʼn blanke werknemer met 30 jaar diens geen aandeel gaan kry nie, maar ʼn swart persoon wat pas uit die skool gekom het en drie maande by Sasol werk, gaan ʼn aandeletoekenning van R500 000 kry. Die enigste verskil tussen die twee werknemers is die kleur van hul vel.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top