►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Grootste werkloosheid in Vrystaat

Volgens die jongste kwartaallikse indiensnameverslag van Stats SA het die werkloosheidspersentasie in die Vrystaat met 1.6 % vir opeenvolgende kwartale toegeneem - die hoogste van al die provinsies. Werkloosheid in dié provinsie het van 32.8% in die eerste kwartaal vanjaar tot 34.4% in die tweede kwartaal toegeneem en het 26 000 werksgeleenthede verlore gegaan.

Werksgeleenthede net in die Vrystaatse landbousektor het met 22.3% afgeneem – 'n aanduiding van die negatiewe reaksie van kommersiële boere op die grondgryp planne van die ANC-regering. Die Vrystaat is saam met Noordwes die twee provinsies wat die ergste die afgelope nege jaar onder korrupte premiers en hul staatskaping deurgeloop het.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top