►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Mededingings wetsontwerp verminder koek verder

Oor die voorgestelde Wysigingswetsontwerp op Mededinging sê adv. Anton Alberts van die VF-Plus in ʼn mediaverklaring: “Dit lyk ook of hierdie wetsontwerp eerder daarop gerig is om die bestaande ekonomiese struktuur te wysig en te herverdeel eerder as om die ekonomie te laat groei. Suiwer herverdeling sonder groei is onvolhoubaar. Daar kan moontlik op ʼn ingeligte wyse na ekonomiese herstrukturering gekyk word in goeie ekonomiese tye ten einde die ekonomie te verbreed, maar nie wanneer die land in ʼn diep put sit nie.

“Een van die mees ontstellende aspekte van die wetsontwerp is die voorneme om onvoorsiene magte aan die president en die minister te gee om in die mark in te gryp en buitelandse beleggings te staak in 'n tyd wanneer daar aktiewe pogings is om buitelandse beleggers te lok. Dit stuur die boodskap na buite dat Suid-Afrika oop is vir sake, maar dat die ANC sal besluit of beleggers welkom is waarna hul bates steeds onteien kan word sonder vergoeding.

“Hierdie wetsontwerp, saamgelees met onteiening sonder vergoeding, kan boonop daartoe lei dat Suid-Afrika uit die AGOA-ooreenkoms geskop word. Artikel 104 van AGOA stel dit duidelik dat regeringsinmenging in die mark nie geduld word nie. Dit sal katastrofies vir die land wees.”

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top