Print this page

Mynbou Indaba 2017 stuur op konfrontasie af

Die jaarlikse Mining Indaba 2017 is vanaf 6-9 Februarie te Kaapstad gehou, maar dit is duidelik dat op ‘n konfrontasie tussen die regering en die mynbousektor afgestuur word. Dit is veral die hersiene Mining Charter oftewel Mynbou Handves met sy hoogverskerpte SEB-teikens wat die twisappel is. Die regering wil met die nuwe Handves, wat na verwagting later vanjaar gefinaliseer sal word, met een sprong beheer oor die mynwese in die land effektiewelik in swart hande plaas  In kommentaar hierop sê Solidariteit: “Net soos verlede jaar het die minister sy departement tot datums verbind waarteen die hersiene mynbouhandves en die Wet op Ontwikkeling van Minerale- en Petroleumbronne (MPRDA) gefinaliseer sal wees, maar die inhoud daarvan is steeds duister. Met die handves wat in Maart 2017 gepubliseer sal word en die wet wat in Junie 2017 gefinaliseer sal wees, aldus die minister, heers daar steeds kommer, veral wat betref die onrealistiese aanstellingsyfers waarvolgens o.m. in middelvlakbestuursposte 88% swart aanstellings moet wees – ’n verdubbeling van die riglyn in die vorige handves.” Van sy kant af sê Neal Froneman van Sibanye Gold en president van die Kamer van Mynwese: “We will not be bullied or beaten into submission. We have to do the right things and if it results in legal action, then so be it.”

Gradeer die artikel
(0 stemme)