►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

In 'n mediaverklaring waarsku AfriForum dat munisipaliteite wat vir Eskom geld skuld, besmoontlik die verbruiker gaan laat opdok om dié skuld te delg. Daarom het AfriForum ’n projek landswyd bekendgestel om gemeenskappe te bemagtig om insette te lewer t.o.v. die opstel van munisipale geïntegreerde ontwikkelingsplanne (GOP’s) en -konsepbegrotings. Dít sal bepaal watter tariewe munisipaliteite vir dienste en erfbelasting kan hef, asook watter dienste in gebiede gelewer gaan word.
Munisipaliteite is tans besig om hul GOP’s en konsepbegrotings saam te stel. Begrotings gaan die terugbetaling van Eskom-skuld en die terugbetalingsooreenkomste ten opsigte daarvan insluit. Munisipaliteite gaan waarskynlik hul dienstariewe verhoog in ’n poging om die miljoene rand Eskom-skuld te betaal. Die Nasionale Tesourie het munisipaliteite egter beperk tot ’n 6%-tariefverhoging op dienste en voorgeskryf dat 8% van die begroting vir die instandhouding van infrastruktuur aangewend moet word.
Daarom word verbruikers aangemoedig om met AfriForum te skakel en deel te neem aan begrotingsdebatte van hul munisipaliteite ten einde te verseker tariefverhogings word nie na hulle teruggekanaliseer nie. Vir meer besonderhede, skakel Marcus Pawson by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of 072 085 3835.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top