In Oktober verlede jaar met die Mediumtermynbegroting het Minister van Finansies Pravin Gordhan voorspel dat die tekort op die nasionale begroting teen vandeesmaand sowat R23 miljard sal beloop en dat van êrens af R28 miljard ekstra bekom sal moet word. Ekonomie spekuleer nou dat Gordhan op 22 Februarie met sy Begrotingsrede òf BTW kan verhoog of 'n ekstra belasting op “rykes” kan hef – sê sowat 3% ekstra op individue met inkomste R50 000 per maand en hoër en R5% op besighede met inkomste R50 000 per maand en hoër.
Die vakunies is gekant teen verhoging van BTW vanweë die negatiewe effek wat dit waarskynlik op lewenskoste vir die armes gaan meebring. Die beste oplossing is voor die hand liggend: 'n Ystervuis op korrupsie.