Aletheim 1

►►► Julius Malema van EFF dagvaar ANC Jeugliga vir laster oor beweringe teen hom oor omkopery ► In Kanana-woongebied by Orkney word 7 mense in bende-oorlog vermoor ► Pres. Moon Jae-in van Suid-Korea ontmoet vandag vir Kim Jong-un in Pyongyang, Noord-Korea vir geskiedkundige samespreking ► Berig dat Zambiese elektrisiteitsmaatskappy Zesco aan China verkoop moet word omdat hulle nie hul lening kan betaal nie ► Moderator van NG Kerk ds. Nelis Janse van Rensburg skryf in Kerkbode dat hyself steun homoseksualisme, hoewel dit nie strook met amptelike beleid van die NG Kerk nie ► John Mitchell amptelik weg by Blou Bulle as afrigter en aanvaar pos by Engelse Rugby-unie as verdedigingsafrigter ► Standard Bank getuig voor Zondo-kommissie oor hoe Guptas ook die bank wou dwing om by staatskaping in te val ►►►

Feite omtrent nuwe hernubare energieprojekte

Terwyl dit opvallend is dat die nuwe kabinet van pres. Cyril Ramaphosa met Minister van Energie Jeff Radebe nie gras onder hul voete laat groei het met ‘n groenlig vir 27 nuwe hernubare energieprojekte ter totale waarde van sowat R56 miljard nie, word daarop gewys dat bepaalde feite omtrent die situasie insiggewend is. So bv. word beweer dat die maatskappy Shanduka van Douglas Ramaphosa, broer van die president, na bewering belang van miljarde rand in die hernubare energiesektor het, terwyl Patrice Motsepe van African Rainbow Energy & Power na bewering R300 miljoen in wind- en sonkragprojekte gaan belê.

Cyril Ramaphosa is getroud met die suster van Patrice Motsepe, Tshepo, terwyl Jeff Radebe getroud is met ‘n ander suster van Patrice en Tshepo, Bridgette. Laasgenoemde, met ander uitgebreide mynbelange in die land, word gereken as een van die rykste vroue in SA.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

VVK2 banier