► OB Busisiwe Mkhwebane ondersoek nou ook pres. Cyril Ramaphosa vir bedrog voor Parlement en geldwassery met skenking ► Nuwe Minister van Gesondheid dr. Zweli Mkhize sê Nasionale Gesondheid Versekering (NGV) plan gaan geïmplementeer word – “Apartheid het gesê waaraan jy sal doodgaan, maar ANC regering gaan mediese behandeling bekostigbaar en toeganklik maak vir alle Suid-Afrikaners” ► Jongste verslag oor terreur op plase ► 27 Mei Joekie Nortje (80) en haar seun Johan (62) op plaas Nooitgedacht, Soutpansberg deur 5 aanvallers erg aangerand, o.a. met panga, Johan moet breinskandering ondergaan en Joekie fisio vir haar hande ► 5 Junie by Louis-Trichardt plaasbestuurder Ferdi Jacobs (35) deur 2 aanvallers met mes gesteek en oor kop geslaan, veg terug en aanvallers vlug ► Mediese Fakulteit van UV staak opleiding van studente van Pelonomi Hospitaal weens misdadige aanvalle deur inbrekers op dokters en mediese personeel ► Capitec nou grootste bank in SA volgens takke (840); Absa egter die meeste kitsbanke (8 961), met Standard Bank 2de meeste kitsbanke (7 140), Capitec 5 000 kitsbanke ► Gerda Steyn eerste vrou in Comrades Marathon oor 68,83 km in rekordtyd van 5:58:53 en algeheel 17de uit totaal van 21 625 atlete wat begin het ► Rafael Nadal wen Franse Tennis Ope vir rekord 12de keer – eerste keer dat tennisspeler dieselfde grand slam titel 12 keer wen ► Groot betogings in Hong Kong omdat Chinese regering op vasteland uitleweringswet wil implementeer vir Chinese in Hong Kong wat hulle soek vir “misdade” ► Krieket Proteas in Wêreldbeker vandag in reg of weg wedstryd teen Wes-Indië ►

Twee sonkragaanlegte beplan by Orania en Luckhoff

Die maatskappy Solar Capital (Edms) Bpk beplan die oprigting van twee voorgestelde fotovoltaïese sonenergiefasiliteite en gepaardgaande infrastruktuur te Orania in die Noord-Kaap en Luckhoff in die Vrystaat onderskeidelik. Die aanleg te Orania word beplan met 20 MW, terwyl dié te Luckhoff beplan word vir 400 MW.

Omgewingsimpakstudies word tans gedoen en waarin moontlike omgewingsinvloede t.o.v. die ekologie, maatskaplik, landbou, visueel, erfenis en voëllewe o.a. in berekening gebring word. Amptelike kennisgewings in hierdie verband is gepubliseer vir 'n openbare deelnameproses en die publiek het die geleentheid om tot 9 Augustus 2018 skriftelike kommentaar te lewer.

Vir meer besonderhede, kontak Shawn Johnston by 083 325 9965 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees., of Percy Ngidi by 082 802 3728 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Gradeer die artikel
(0 stemme)

1 comment

  • Tom Theron - Woensdag, 25 Julie 2018

    Moet om hemelsnaam net nie ABB se beheerstelsel gebruik nie.

    Report

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top