►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Opposisiepartye is geskok deur die aankondiging in die Parlement deur Minister van Energie Tina Joematt-Petterson dat die eerste fase van die tenderproses vir verdere kernkragontwikkeling in SA reeds op 30 September vanjaar in werking gaan tree. Terselfdertyd het die minister uitdruklik ontken dat nog enige ooreenkoms met bv. die Russiese kernkragagentskap Rosatom aangegaan is oor kernkragontwikkeling in die land. Inmiddels is daar ook nog ‘n hofsaak hangende oor hierdie moontlikheid. Volgens voorlopige beramings kan die tender wat die minister nou in die oog het enigiets tussen R750 miljard en R1 000 mijard beloop – geld waarvoor daar nog glad nie in die nasionale begroting voorsieng gemaak is nie. 

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Meer in die kategorie:

Go to top