► Op AfriForum Netwerk, aanlyn databasis van ondernemings wat in Afrikaans sake doen, al sowat 2 000 sake-ondernemings geregistreer ► Groep van ondersoekende joernaliste bekend as amaBhungane toon in verslag dat EFF-lede na bewering voordeel getrek het uit brandstoftender van bykans R500 miljoen van Tshwane in Januarie 2019 ► Arvitha Doodnath, jong regsdosent, by Vaal Universiteit van Tegnologie, Saterdagaand in Johannesburg doodgeskiet tydens motorkaping ► Einde Junie 2019 10,2 miljoen verbruikers in SA het skuldprobleme en verswakte kredietgeskiedenis, swakste sedert Junie 2015 ► Eben Etzebeth dien deur sy prokureurs teenaanklag in by MRK en vra dat hul saak by Gelykheidshof in hersiening geneem word ► Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) waarsku in jaarverslag dat 4de-nywerheidsrewolusie (4NR) en tegnologiese outomatisasie in SA kan lei tot derduisende werksverliese regdeur hele ekonomie ► Pres. Xi Jinping waarsku, met verwysings na aanhoudende betogings in Hong Kong, dat “enige pogings om China te verdeel sal lei tot gebreekte liggame en beendere tot poeier gemaal” ► Siriese weermag span kordon soldate en wapentuig oor hele linie tussen Turkse invalsmag en Koerdiese gebied; pres. Trump dreig Turkye met sanksies wat hul “ekonomie kan breek” ► Spaanse hof lê tronkstraf op vir 9 leiers van afskeidingsbeweging in Katalonië, vra vir uitlewering van hoofleier Carles Puigdemont wat in 2017 na België gevlug het ►

Positiewe wetsontwerp: Mediese innovasie

Dit lyk of by wyse van uitsondering 'n positiewe wetsontwerp in die Parlement ter tafel is in die vorm van die Wetsontwerp op Mediese Innovasie, wat nuwe ruimte skep vir ontwikkeling van die mediese wetenskap. In 'n mediaverklaring sê adv. Anton Alberts van die VF Plus: Die wetsontwerp kan daartoe bydra om innoverende denke oor medisyne en genesing aan te wakker, paradigmaskuiwe oor die onderwerp aan te help en sodoende mediese horisonne verbreed.

“In talle gevalle dui informele getuienis op die waarde van ʼn bepaalde remedie, maar omdat geen of min navorsing daaroor bestaan, word dit eenvoudig geïgnoreer, of nog erger as kwaksalwery afgemaak. Op hierdie wyse word mediese innovasie beperk en bly ons vasgevang in die paradigma voorgeskryf deur die groot farmaseutiese reuse van die wêreld. Daarmee word nie gesê dat die farmaseutiese bedryf nie mediese oplossings bied nie, maar dat hulle denkraamwerk nie alle wysheid in pag het nie.

“Ons moet dus ook dapper genoeg wees om deur daardie paradigmas te breek. Hierdie wetsontwerp gee geloofwaardigheid aan die mantra dat die 'afwesigheid van getuienis nie 'n bewys van afwesigheid is nie'. Wetenskaplik moet ons nie afgeskrik word deur regerings- en korporatiewe agendas oor watter navorsing uitgevoer moet word nie, veral as mense se lewenskwaliteit en, belangriker, hul lewe, op die spel is.

“Hierdie wetsontwerp neem ons 'n paar stappe vorentoe om mediese navorsing te fasiliteer wat andersins nie sou plaasgevind het nie. Dit bevestig ook die outonomiteit van die individu om self te besluit watter medisinale ingrypings hy of sy wil toelaat, veral as dit gaan oor pynbehandeling en die moontlikheid om ʼn mens se lewe te red.”

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top