►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Nuwe Moeder- en Kind-hospitaal vir Bloemfontein

Dit is bekendgemaak dat die die eerste moeder-en-kind-hospitaal in Suid-Afrika op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV) en langs die Universitas Akademiese Hospitaal gebou gaan word. Die 350-bed moeder-en-kind-hospitaal sal ‘n gespesialiseerde fasiliteit wees wat sal fokus op pediatriese en moedergesondheidsorg en sal ten volle ondersteun word deur die Vrystaatse Dept. van Gesondheid. Die projek is die inisiatief vanprof. André Venter van die UV Dept. Pediatrie en Kindergesondheid, wat meer as 250 000 kinders uit die suidelike streke van die Vrystaat op sekondêre sorgvlak bedien, asook tersiêre versorging van bykans ’n miljoen kinders uit die hele Vrystaat en Noord-Kaap, asook sommige kinders uit Noordwes, die Oos-Kaap en Lesotho. Die voormalige Mej Wêreld, mev. Rolene Strauss, wat self tans swanger is, tree op as die beskermvrou van die projek.  

Gradeer die artikel
(0 stemme)

1 comment

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top