►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Hernude veldtog teen aborsies

In SA en in die VSA word tans ‘n hernude veldtog teen aborsies van stapel gestuur, met plaaslik die Christian Action Network wat daarop wys dat aborsie-op-aanvraag op 1 Februarie 1979 in SA gewettig is en dat die afgelope 20 jaar ‘n geskatte 1 400 000 babas geaborteer is. Dit is slegs wettige aborsies, met belastingbetalergeld en dek nie die groot aantal onwettige aborsies nie. In die VSA word die 44ste viering van die berugte Roe vs. Wade hofsaak herdenk waardeur aborsies gewettig is. Vise-president Mike Pence het ‘n skare van meer as 500 000 Pro Life ondersteuners toegespreek, terwyl pres. Donald Trump getwiet het: “To all of you marching – you have my full support.” In SA word gedurende Februarie ‘n hele program in verskillende stede van stapel gestuur teen aborsies – vir meer besonderhede besoek www.christianaction.org.za.  

Gradeer die artikel
(0 stemme)

1 comment

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top