► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

SUT wêreld standaard operasie met 3D inplanting

'n Toonaangewende operasie by enige wêreldstandaarde is pas in die Groote Schuur Hospitaal, Kaapstad, gedoen waardeur 'n jong seun van Kaapstad Tylor Baker, wat sonder ore gebore is, 'n oor van 3D vervaardig deur die Sentrum vir Snelprototipering en Vervaardiging van die Sentrale Universiteit van Tegnologie (SUT) van Bloemfontein, deur 'n inplantingsoperasie ontvang het. Op hierdie wyse het hy ook normale gehoorsintuig verkry. Die suksesvolle operasie was die resultaat van 'n intensiewe multi-dissiplinêre navorsings- en mediese span, met die finale inplanting wat gedoen is deur rekonstruktiewe chirurg dr. Cules van den Heever. Sowel die betrokke SUT sentrum as Van den Heever is wêreldbekend vir hul briljante pionierswerk i.t.v. 3D rekonstruktiewe chirurgie. Vir meer besonderhede oor hierdie prestasie en ander, besoek www.cut.ac.za of skakel Dan Maritz by 072 588 8282 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top