► Volgens SA in Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) toon jongste misdaadstatistiek vir SAPD tesame met vorige statistiek dat sedert 1994 in SA sowat 500 000 moorde gepleeg is en 1 miljoen verkragtings ► Prof. Rudolph Zinn van Unisa sê uit navorsing blyk dit dat van die misdadigers voer tot 107 misdrywe uit voordat hulle gearresteer word ► Solidariteit Netwerk loods nuwe Sol-Tech kampus in Pretoria teen koste van R300 miljoen, sal huidige kampus vir 1 200 studente verdubbel en sal na verwagting deure open in Januarie 2021 ► Kyk by hierdie video hoe top bevelvoerders van SA Vloot en Lugmag in Parlement getuig hoe vloot en lugmag op rand van ineenstorting is ► Vrou (55) in Oos-Vrystaat gisteraand terwyl sy gebad op ‘n plaas aangeval en verkrag, aanvaller vlug en niks gesteel nie ► Op die Economic Freedom of the World (EFW) 2019 verslag val Suid-Afrika 54 plekke na nr. 101 uit 162 lande, vanaf plek 47 in 2000 – volg hierdie skakel vir meer inligting ►Dit lyk of Britse premier Boris Johnson ‘n deurbraak met Brexit kan maak na ooreenkoms oor grensbeheer met Ierse Democratic Unionist Party (DUP) ► Voormalige Bok-afrigter Peter de Villiers sê hy gaan nie Springbokke vanjaar by Wêreldbeker ondersteun nie, omrede vroeëre betrokkenheid van Eben Etzebeth by onderonsie met twee bruin mense in Langebaan ►

Wetsontwerp op Regulering van Landbou grondbesit potensieel skadelik

Die potensiële skadelikheid van die voorgestelde Wetsontwerp op die Regulering van Landbougrondbesit word in 'n mediaverklaring deur die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), soos volg uiteengesit: “Die omstrede wetsontwerp is 'n poging deur die regering om beheer oor die landbou te verkry d.m.v. ʼn reeks regulatoriese intervensies. Hierdie intervensies poog om onder andere die volgende in te stel: ʼn grondkommissie, ʼn register van landbougrondeienaarskap waarin ras, geslag en nasionaliteit aangedui moet word, ʼn verbod op die verkryging van landbougrond deur buitelanders, kategorieë van plafonne wat die besit van landbougrond beperk, en om sekere grondgedeeltes wat die aangewese plafonne oorskry as landbougrond vir hertoewysing te oormerk.

Daar heers tans onsekerheid in die landboubedryf oor die presiese uitwerking van die wetsontwerp, maar dit sal waarskynlik skadelik vir die ekonomie wees. Solidariteit se aanbeveling is dat die wetsontwerp teruggehou moet word totdat ʼn deursigtige sosio-ekonomiese koste-voordeel-analise uitgevoer is en dit aan ʼn openbare ondersoek onderwerp word. ʼn Verdere problematiese aspek is dat dit moeilik is om die presiese ekonomiese impak te bepaal omdat daar onsekerheid bestaan oor die werklike aard van die genoemde plafonne.” Vir meer besonderhede, kontak Gerhard van Onselen by 079 522 5764 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top