► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

Dreigende grondgryp gemik op volslae Kommunisme

Indien 'n nugter ontleding gedoen word van die verklaarde voorneme van pres. Cyril Ramaphosa namens die ANC om grond in SA te onteien sonder vergoeding, soos dit op voorstel van die EFF deur die Parlement bekragtig is, dan blyk dit wat eintlik ten doel is, is die omskepping van die land in 'n volslae Kommunistiese staat. Dit het aardskuddende implikasies, maar wat lê in werklikheid hierdie kritieke saak ten grondslag?

In antwoord hierop is dit nodig om al die relevante feite soos volg onder oë te neem:

  • Eerstens, die geskiedkundige feite. Die grondgebied van wat vandag SA is, is vanaf die middel-17de eeu as grootliks onbewoonde gebied gelyktydig betrek deur blanke setlaars vanaf die Kaap in die suide, deur nomadiese Hottentotte en Boesmans en deur swart Bantoestamme vanuit die noorde vanaf Midde-Afrika.  

    Nêrens het blankes grond van nie-blankes gesteel nie en gevolglik is daar geen bewyse voor nie. Die blanke het die alfabet, wiel, maatstok en Bybel aan die nie-blankes voorgestel, wat van hul kant geen vorm van beskawing kon voorlê nie.    

    In bevolkingsvestiging in SA het swart stamme hul latere tradisionele gebiede behou, terwyl die orige grootliks onbesette gebiede deur ekonomies-geïntegreerde blank en nie-blank beset is op die basis van produktiewe benutting en markfaktore. Steeds was daar geen getuienis dat blankes in SA mense van kleur geskiet het om hul grond te kry, soos wat gebeur het in die geskiedenis van Noord- en Suid-Amerika, Australië, Nieu-Zeeland, ens. nie.

    'n Idee van grondbesetting in SA met sy totale oppervlakte van 122 000 000 ha word verkry uit die feit dat in 1878 die totale bevolking van SA slegs 2 276 000 beloop het, waarvan 1 936 000 swart en bruin en 340 000 blank – dus by verre genoeg grond vir almal sonder die nodigheid van steel.

    Sedertdien het deur die stormagtige laat 19de en 20ste eeue die vestigingspatrone uitgekristalliseer soos dit gebeur het, met veral die Verwoerd-regering wat verbeeldingryk tot tradisionele swart gebiede toegevoeg het vir konsolidasie in lewensvatbare tuislande. Hierdie beleid het ongelukkig skipbreuk gely met die sluipmoord op Verwoerd in 1966 en is dit daarna polities verknoei tot 'n staatkundige gedrog, wat uiteindelik uitgeloop het op die verraderlike magsoorname in 1994.

    Mense van kleur het in die 20ste eeu in die groter deel van SA onder blanke beheer geen eiendomsreg op onroerende bates gehad nie, totdat dit in 1994 met die nuwe bedeling totaal opgehef is en die speelveld vir almal gelyk gemaak is.
  • Tweedens, die opset 1994 tot 2017. Met die onderhandelinge in aanloop tot die nuwe grondwetlike bedeling het almal, insluitende die ANC, plegtig beloof dat private eiendomsbesit gewaarborg is en is dit ook so in die Grondwet ingebou. Desnieteenstaande het grond 'n omstredenheid gebly en is sg. grondhervorming van stapel gestuur om beweerde ongeregtighede van die verlede reg te stel.

    Die grondhervormingsproses was in die praktyk 'n gemengde sukses, met sowat 4 300 plase wat teen markwaarde van miljarde rand na die staat oorgedra is. Die titelaktes is egter die staat behou en nie aan die begunstigdes oorgegee nie.

    Wat egter die Achilleshiel van grondhervorming is, is dat volgens eie erkenning deur regeringswoordvoerders die mislukkingskoers van nuwe swart boere op hierdie grond 90% plus beloop, terwyl gesaghebbend bereken word dat die regering al in hierdie proses sowat R300 miljard vrugteloos spandeer het. Voorts word verwys na altesaam ongeveer 195 000 eiendomme in staatsbesit ter waarde van sowat R400 miljard wat nog nie deur die regering i.t.v. produktiwiteit in landsbelang verreken is nie.

Inmiddels het die ANC-regering in 2004 deur wetgewing beslag gelê op alle mineraalneerslae en ondergrondse bates en dit tot staatsbates verklaar, waarvoor vervolgens vir prospektering en ontginning aansoek gedoen moes word. Dit is gedoen ondanks die feit dat vir eeue mense grond gekoop en titelaktes verkry het met dien verstande dat die ondergrondse bates ingesluit is by hul eiendom. Hierdie beslaglegging was en is steeds regskundig ʼn kontroversiële stap en is nog nie deeglik genoeg in ‘n hof getoets nie.

  • Derdens, die huidige opset. Die Dept. van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming het in Desember verlede jaar sy langverwagte Grondouditverslag voltooi, maar daarin word erg skeefgetrekte en onware syfers aangehaal oor grondeienaarskap in SA. Volgens die verslag maak swart mense 79% van die bevolking uit, maar “direk besit hulle slegs 1.2% van landelike grond in SA en 7% van formeel-geregistreerde eiendom in dorpe en stede”. Daarenteen, volgens die verslag, besit blanke Suid-Afrikaners wat 9% van die bevolking uitmaak, “direk 23,6% van landelike grond en 11,4% van eiendom in dorpe en stede”.

    Voorts luidens die verslag word 33% van grond in SA “direk besit deur private individue”, terwyl die res besit word deur trusts, die staat, tradisionele owerhede, kerke en gemeenskapsorganisasies. Die verslag identifiseer egter nie die ras van eienaarskap van 67% van grond in die land nie.

    Die verslag beveel aan die nasionalisering van alle grond in SA sodat “land would be the common property of the people of South Africa as a whole”. Intussen het die regering sy voorneme aangedui om al die 5 125 geregistreerde damme in die land, waarvan 4 000 onder beheer van die landbousektor is, ook te nasionaliseer.

    Op voetspoor van die Grondouditverslag is in Februarie vanjaar die mosie van die EFF vir grondonteiening sonder vergoeding in die Parlement aanvaar met 241 stemme daarvoor en 83 daarteen. Teen die mosie het gestem die VF Plus, DA, Cope en ACDP. Mosiuoa Lekota het die treffervraag gevra: “Who are ‘our people’, to whom do you want to give the land to and who are not ‘our people’?”

    Malema van die EFF, in tandem met die ANC, is uitgesproke op rekord dat die doel is om alle grond in SA sonder vergoeding te bekom en dit dan van regeringskant te verhuur na goeddunke aan begunstigdes – dus ‘n suiwer Kommunistiese opset. Voorts is wetgewing tans voor die Parlement so bewoord dat eiendom nie net grond behels nie, maar ook huise, geboue, besighede, ens., asook roerende eiendom soos voertuie, meublement, aandele, bankrekeninge, beleggings, e.s.m.

    Terloops in hierdie verband interessante statistiek om mee rekening te hou: Indien dit by eerste huise kom, besit swart mense in SA 7,66 miljoen huise, blankes 730 000 en die ander bevolkingsgroepe saam ook sowat 730 000 huise. Verder, 56% van die waarde van eerste huise behoort aan swartes en slegs 33% aan blankes. (Syfers General Household Survey 2016).

Insgelyks is nog ʼn brokkie relevante inligting dat navorsing deur die Instituut vir Rasse-aangeleenthede getoon het dat die oorgrote meerderheid swart mense meer belangstel in werksgeleenthede as in grond as sulks en dat die meeste van hulle verkies om eerder in stede en selfs dorpe te woon as op die platteland.

Die mikpunt van 'n Kommunistiese SA is in lyn met die agenda van die Nuwe Wêreldorde / internasionale geldmag / Illuminati om SA in te palm as ‘n kroonjuweel in hul strewe na wêreldoorheersing- alles binne die riglyne van VN Agenda 21 soos oorspronklik vasgelê in 1972. Hiervan vorm ook die Nasionale Demokratiese Rewolusie (NDR) van die ANC inherent deel.

  • Teen hierdie agtergrond, vierdens, die volgende evaluasie. Grondonteiening sonder vergoeding is meer as net diefstal, dit is staatsgesanksioneerde diefstal. Waar in die wêreld buite barbarisme en die oerwoud, vat jy sommer net die eiendom van 'n ander wat dit wettig gekoop / verkry het en wat daarvoor gewerk het? Dit is die Nabot-hebsug wat in die Woord (1 Konings 21) ten sterkste veroordeel word.

    Dit is ook uitdruklik teen die SA Grondwet, spesifiek art. 25, terwyl dit indruis teen alle internasionale reg en konvensies in, in besonder art. 17 van die VN Universele Verklaring van Menseregte. Onteiening sonder vergoeding bots ook lynreg met die beleid van internasionale liggame soos die Wêreldbank en die IMF.

    Onder die ANC is die land die afgelope 24 jaar as 'n staat gekaap, die nasionale begroting deur massiewe korrupsie leeggeplunder, is geen staatsonderneming suksesvol nie, het munisipale dienslewering grootliks in duie gestort en is armoede erger en meer verspreid as ooit.

    Die ANC/EFF en hul radikale volgelinge het alles wat hulle op 'n skinkbord gekry het, opgemors en is hulle eenvoudig nie in staat om hul eie geleenthede te skep nie. Nou onder valse beskuldigings en retoriese kaf wil hulle die eiendom van die 8% minderheid in die land vat en dink dit sal hulle “ryk” maak, hul probleme oplos en, in die woorde van die nuutverkose president, hulle “in die paradys laat kom.”

    Al hoekom die ANC en hul radikale meelopers aan die bewind in SA is, is omdat hulle stemgewys meer koppe tel. Verder het hulle niks om op die tafel te sit nie. Die feit dat hulle na die eiendom van die minderheid, in sonderheid die grond van die oorblywende sowat 134 000 kommersiële boere, moet gryp vir “redding”, bewys materiële en morele bankrotskap.

    Geen grond behoort aan ander, bloot net omdat jy swart is en in Afrika woon nie. Grond en eiendom word verkry deur harde werk, betaling, kontraktuele oordrag en produktiwiteit. Wit Suid Afrikaners word wêreldoor beskou as van die beste boere en voedselprodusente wat daar is.

    Wat ook soos 'n paal bo water staan, is dat private eiendomsbesit en die vrye markbeginsel van vrywillige koper / vrywillige verkoper die hoeksteen vorm van 'n vrye markekonomie as basies die enigste wat ekonomiese groei, werkskepping en maatskaplike vooruitgang kan voortbring.

    Die grondgrypstorie is in effek die jongste radikale stap in 'n onverklaarde burgeroorlog teen blankes in die land, en spesifiek die Afrikaner. Skakels in dieselfde ketting is die onophoudelike moorde deur swart op wit, SEB, regstellende aksie, aanslag teen Afrikaanse skole en universiteite, ondergrawing van Afrikaans as taal, sportkwotas, vandalisering van geskiedkundige standbeelde, pogings tot kriminalisering van die vorige landsvlag, e.s.m.

    Wat egter nooit uit die oog verloor moet word nie, is dat die swartes in SA nie 'n homogene groep is nie. Daar is van hulle wat welwillend teenoor die blanke is en gematig is, soos die Lekotas, Madonselas en Khozas. Met hulle moet gemeenskaplike grond gevind word, soos met welwillende bruin mense, Indiërs en ander etnisiteite. Sonder bedreiging van eie identiteit moet saam met hulle 'n gesamentlike front gevorm word teen die radikale swart storm wat dreig om SA te oorspoel.

    Wat die ANC / EFF / radikale alliansie betref, moet die Afrikaner besef, daar is vir hom geen genade nie. Hierdie mense en magte kom om die Afrikaner van die aardbol af uit te wis. Onderhandeling hou niks blywends in nie en hulle en hul aksies moet nie deur 'n Westerse bril beoordeel word nie. Menslikgesproke is dit ʼn kwessie van oorlewing van die sterkste.

    Met Ramaphosa en Malema wat gesê het die blankes moet net nie weerstand bied teen grondgryp sodat dit vreedsaam, pynloos en bloedloos kan geskied, moet die Afrikaner sy terugveg só bereken en strategiseer dat dit in geval van gewelddadige verset nie die regering die geleentheid gee om voortydig 'n noodtoestand en krygswet af te kondig nie. Dit is 'n opsie wat die vyand oophou.
  • Slotsom. Grondgryp is 'n groteske verneukspul ten einde SA in 'n Kommunistiese staat te omskep en wel as eiendom van die eintlike meesters, die NWO. Daarom moet grondgryp nooit as 'n gegewe aanvaar word nie, trouens daar is geen alternatief as om dit met alle mag te beveg nie. Bevegting vorm die prop in die gat om te keer dat SA in Kommunistiese chaos en ‘n bloedbad verval en dat die wonderlike gawe van vryheid totaal verlore gaan.

    Daar is Christelike opdragte en regte wat hoër is as die grondgrypwette van 'n korrupte regering en getalstirannie en derhalwe moet dit oorskryf word met alle nodige morele, wetlike, ekonomiese en, as dit moet, militêre vermoë. Hierdie verpligting bring die Afrikaner / Boer waarskynlik te staan voor die grootste uitdaging in sy ganse geskiedenis.

    As eerste stap lyk dit bloot logies om vir eens en altyd 'n behoorlike grondoudit van grondbesit in SA te doen ten einde al die ware feite op die tafel te kry. Daarmee saam moet die proponente van grondgryp gedaag word om hul bewering dat blankes grond gesteel het, klinkklaar te bewys. Alleenlik aan die hand van sulke ware feite kan die debat oor die toekoms van SA sinvol en konstruktief gevoer word.
Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top