► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

Realiteit omtrent onteiening en huise in SA

In 'n artikel op sosiale media skets bekende ekonoom Mike Schussler aan die hand van statistiek van die General Household Survey 2016 'n verbasende prentjie oor huise in SA en hoe dit moontlik deur onteiening sonder vergoeding geraak kan word. Volgens Schussler besit swartmense 7,66 miljoen huise (slegs eerste huise) en blankes 730 000 huise. Die ander twee bevolkingsgroepe saam besit ook ongeveer 730 000 huise.

Die gevolgtrekking dat met enige onteiening van huise sonder vergoeding sou 10 keer meer huise van swartmense in die slag bly as van blankes. Verder, 56% van die waarde van eerste huise behoort aan swartmense en slegs 33% aan blankes. Daarby besit 22% van swartmense 'n tweede huis, terwyl dit die geval is in slegs 10% van blankes.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top