► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

Perspektiewe op beoogde grondgryp

Aanvanklik met die aankondiging deur pres. Cyril Ramaphosa aan die begin van die jaar dat grond onteien gaan word sonder vergoeding en aan “ons mense teruggegee gaan word’ en dit ook op voorstel van die EFF / ANC in die Parlement bekragtig is, het dit geklink asof dit ’n eenvoudige proses kan wees om uitgevoer te word, maar sedertdien het verskeie ander perspektiewe uitvoering in die weegskaal geplaas Trouens dit wil tans voorkom asof daar soveel struikelblokke is dat dit waarskynlik nie uitgevoer sal word nie.

So bv. word op feitelike gronde daarop gewys dat die gebiedsoppervlakte van SA beslaan 122 miljoen ha, maar dat die Dept. van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming amptelik bevestig het dat hiervan slegs 26,6 miljoen ha oftewel 22% deur blanke boere besit word. In die lig hiervan word gevra na die eienaarskap van die restant van 95,4 miljoen ha en hoekom dit dan juis die 26,6 miljoen ha in blanke besit is wat geteiken word vir onteiening sonder vergoeding?

Voorts word op sowel wetlike as morele en godsdienstige gronde onteiening sonder vergoeding verwerp en dit blyk veral uit grondige kommentaar wat op sosiale media gelewer word, soos bv. die kommentaar by hierdie stemgreep, terwyl in hierdie stemgreep 'n woordvoerder van die AP Kerk 'n Bybels-beredeneerde standpunt bied.  

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top