► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

Sg. nasionale grondberaad – hoe verteenwoordigend?

Groot vraagtekens hang oor die sg. nasionale grondberaad oftewel National Forum for Dialogue on Land wat tans by die Gordon Institute of Business Science in Johannesburg gehou word, vanweë die kort kennisgewing daarvoor, die lae profiel wat dit handhaaf en die relatief min publisiteit wat dit ontvang. Daarby wil dit voorkom of dit bygewoon word deur slegs pro-onteiening sonder vergoeding persone, met geen of min anti-onteieningsverteenwoordigers nie.

Die ANC is natuurlik sterk verteenwoordig by die beraad deur o.a. Minister van Minerale Gwede Mantashe en Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming Maite Nkoana-Mashabane, terwyl Roelf Meyer van Codesa-faam een van die hooforganiseerders is. Hoewel die president van Agri SA Dan Kriek, die besturende direkteur van die ZZ2 Groentemaatskappy in Limpopo Tommie van Zyl en Theuns Eloff van die FW de Klerk Stigting ook teenwoordig is, is daar nie regtig iemand wat die Afrikaner en die feit van gronddiefstal verteenwoordig nie.

Op die beraad het Mantashe reeds gesê dat onteiening sal begin by die boere met groot plase terwyl Nkoana-Mashabane gesê het die regering berei hom voor vir 'n toetssaak oor grondonteiening sonder vergoeding en gaan nie wag vir die grondwetlike hersieningsproses nie. Sy het ook gesê grond vir onteiening is reeds geïdentifiseer, maar wil nie sê watter grond nie, “omdat sy die eienaars nie tyd wil gee om solank met regstappe te begin nie”. Sy het ook gesê dat die “oersonde” moet getakel word waarvolgens swart mense as tweedeklas burgers behandel is.

Oor die beraad sê TLU SA in 'n mediaverklaring o.m.: “Die landbouers, wat hulle grond wettig besit, sal self besluit oor die status van hulle grond en raak moeg daarvoor dat rolspelers buite die landboubedryf voorskriftelik probeer wees oor wat met landbougrond moet gebeur. Dit is ons reaksie nadat TLU SA ter elfder ure kennis geneem het van die Nasionale Forum vir Dialoog se konferensie wat op 27 en 28 Maart 2018 aangebied word in Johannesburg en wat handel oor onteiening sonder vergoeding. Die integriteit van die konferensie word ernstig bevraagteken.

“Die vertrekpunt is 'n algemene stelling dat grond deur kolonialisme of apartheid van swartmense gesteel is. TLU SA bepleit al lank ‘n konferensie oor die geskiedenis van grondbesit, waar alle stawende bewyse oor grondbesit op die tafel geplaas word. Die versoek val op dowe ore, want die regering is skynbaar te bang om die feite te hoor. Die leuen dat landbouers grond gesteel het, moet nou tot die been oopgevlek word, sodat die geskiedenis vir eens en vir altyd geboekstaaf kan word en die toekoms sonder onsekerheid aangedurf kan word.”

Op hul beurt sê die HNP in 'n mediaverklaring: “Dit is skokkend dat niemand die Afrikaner en die blanke boere by die nasionale grondberaad gister en vandag by die Gordon Instituut, verteenwoordig nie. Die doel van die beraad is om sleutel rolspelers bymekaar te bring sodat die publiek se mening gevorm kan word oor hoe die grondwet gewysig moet word.

“Die deelnemers by die beraad sluit onder andere adv Tembeka Ngcukaitobi (skrywer van die boek The Land is Ours), oud-pres. Kgalema Motlanthe, regter Dikgang Moseneke, Albie Sachs en die sg. grondhervormingsakademici Ruth Hall en Ben Cousins, asook Roelf Meyer, Theuns Eloff (FW de Klerk Stigting) en Dan Kriek van Agri SA in. Kriek is reeds op rekord dat hy gesê het ‘dat hy graag ’n volhoubare oplossing vir grondhervorming met die beraad wil deel’.

“Niemand by die beraad, veral nie Roelf Meyer, verteenwoordig die blanke en die Afrikaner nie en is hulle ook geensins die geleentheid gebied om verteenwoordigers aan te wys nie. Dat die uitslag van die beraad eensydig en onsimpatiek teenoor die Afrikanervolk sal wees, is reeds ’n voldonge feit. Soos by Kodesa is dit maar net nog ’n rookskerm om aan die Kommuniste se doelstellings te voldoen en ook die blanke grondbesit weg te gee.”

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top