Print this page

Vrystaat Landbou en Cope oor art. 25 van Grondwet

In 'n mediaverklaring sê Vrystaat Landbou (VL): ”Die leiers van VL, wat 'n apolitieke organisasie is, het ’n versoek van Mosiuoa Lekota, president van die Congress of the People (Cope), aanvaar om oor kwessies waaroor albei partye besorg is, te vergader. Lekota en afgevaardigdes van Cope het op 23 Maart 2018 VL se kantore besoek om kwessies oor onder meer grond- en voedselsekuriteit te bespreek. Dit het die onderwerp van grondonteiening sonder vergoeding en die moontlike wysiging van art 25 van die Grondwet van SA ingesluit.

“Volgens Cope deel hulle en VL ’n kollektiewe plig om ’n inklusiewe Suid-Afrika te help bou, gegrond op die oppergesag van die reg en deur die Grondwet ondersteun word. Nog ’n raakpunt is dat ​​albei partye ook saamstaan in die stryd teen plaasaanvalle en moorde.”

Gradeer die artikel
(0 stemme)