► In Mediumtermynbegroting van Minister van Finansies Tito Mboweni feitlik geen melding van landbou en die geweldige druk op boere oor wydverspreide droogte; op vraag van VF Plus pres. Cyril Ramaphosa ontwykend oor enige bystand aan kommersiële boere ► VF-Plus in Gauteng sê Gauteng Onderwysdepartement moontlik skuldig aan onreëlmatige besteding van R1,2 miljard i.v.m. skoolsvoedingsprojek, dít terwyl die LUR vir Onderwys Panyaza Lesufi Afrikaanse skole vir geringste vermoedelike oortredinge aanspreek ► Dit blyk of dorpe Dewetsdorp, Vanstadensrus en Wepener feitlik geen munisipale dienste ontvang vanaf Mangaung Metro onder wie hulle ingedeel is nie ► Adjunk-pres. David Mabuza op besoek aan China tydens sitting van SA-China Bilaterale Kommissie wys op die talle geïntegreerde tussen die twee lande o.a. dat 65 Chinese maatskappye R116 miljard in SA belê het (hierdie syfer soos genoem, Ditsem Nuus kan nie korrektheid verifieer nie) ► Stad Kaapstad ontvang R300 miljoen van Nederlandse regering om MyCiti snelbusdiens na Khayelitsha en Nyanga uit te brei ► Nederlandse man (35) en vrou (75) in Marlothpark, Komatipoort, vermoor deur versmoring deur hul monde toe te prop, man se vrou en dogter oorleef aanval ► Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stem 232-196 ten gunste van verdere ondersoek of pres. Donald Trump in staat van beskuldiging geplaas moet word oor Oekraïne ► China Mobile in China maak bekend dat sy 5G-tegnologie, 100 keer vinniger as 4G, nou in 50 stede insluitende Beijing en Sjanghai beskikbaar is ►

Skriftelike vertoë oor grondonteiening: Resultate

Insiggewend is dat van die skriftelike voorleggings wat deur die voorgeskrewe amptelike kanale gemaak is oor die voorstel dat artikel 25 van die Grondwet gewysig moet word om voorsiening te maak vir grondonteiening sonder vergoeding, 129 549 van die voorleggings gekant was teen sodanige wysiging, terwyl 100 308 van die voorleggings ten gunste daarvan was – ‘n verskil van 29 241. Dit beteken 56,36% daarteen en 43,64% ten gunste van die wysiging.

Wat voorleggings uit die provinsies betref, is meerderhede in die Oos-Kaap, Vrystaat, Noordwes en Noord-Kaap gekant teen die voorgestelde Grondwetwysiging, terwyl meerderhede in Gauteng, KZN, Limpopo, Mpumalanga en Wes-Kaap ten gunste van wysiging is. Van voorleggings van Suid-Afrikaners in die buiteland ontvang, is die meerderheid gekant teen wysiging. Vir meer detail, volg hierdie skakel.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top