Print this page

Eis oor grond met Swazi-koning bespreek

'n Afvaardiging o.l.v. die VF Plus is in proses om eise oor grond in Mpumalanga wat spruit uit wettige ooreenkomste in die 19de eeu, met koning Mswati III van Swaziland te bespreek. Die eise spruit oor grond wat boere in historiese ooreenkomste wettiglik van die Swazi’s bekom het in 1846 en 1852.

Die grond ter sprake beslaan feitlik die totale oppervlak van die provinsie van Mpumalanga en volgens beskikbare historiese dokumente is die grond in ruilooreenkomste van die destydse Swazi-koning bekom deur onder meer ruilhandel met vee. Die VF Plus afvaardiging staan o.l.v. Werner Weber, bygestaan deur adv. Anton Alberts en senior ampsdraers van AfriForum, die Afrikanerbond en TLU SA.

Die gesprek vind plaas by die Lozitha-paleis van koning Mswati III net buite Lobamba, waar ook die Swazi-parlement gesetel is.

Die doel van die gesprek is om die historiese ooreenkomste tussen die Swazi’s en die boere te herbevestig om sodoende die boodskap duidelik aan die ANC-regering te stuur dat sg. gronddiefstal inderwaarheid ʼn kwaadwillige mite is.

Gradeer die artikel
(0 stemme)