►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Swazi-koning erken Voortrekkergrond in Mpumulanga

Op 2 Augustus het ‘n afvaardiging o.l.v. die VF Plus met die Swazi koning Mswati III en sy Komitee vir die Vasstelling van Landsgrense (Commissioners on the Border Determination Special Committee) in die koninklike paleis in Lozitha in Swaziland vergader om grondgebied te bespreek wat in die 19de eeu deur die destydse koning aan Voortrekkers gegee is in ruil vir vee.

Hierdie grondgebied is in die huidige Mpumalanga en na afloop van die samesprekings is soos volg ooreengekom:

  • Die goeie verhouding wat lank reeds tussen Afrikaners en die inwoners van Swaziland bestaan, is versterk en herbevestig;
  • Afrikaners erken die koninkryk en die mense van Swaziland as die oorspronklike eienaars van onder meer die grondgebied in en om Mpumalanga;
  • Die toenmalige Swazi-koning het grond in dié gebied aan die Voortrekkers toegeken deur ooreenkomste in die jare 1800. Die huidige koning bevestig dat die grond nie gesteel was nie;
  • Die partye stem saam dat enige pogings om die patroon van grondeienaarskap van die huidige eienaars in en om Mpumalanga te verander, voorafgegaan moet word deur ʼn ooreenkoms met die Koninkryk van Swaziland soos reeds versoek is aan vorige Suid-Afrikaanse regerings.
  • Die partye stem saam om voort te gaan met gesprekvoering rakende dié aangeleentheid en sal bly streef na ʼn werkbare oplossing.

Die Afrikaner-afvaardiging het uit die volgende persone bestaan: Werner Weber (leier en leier van die VF Plus Mpumalanga), adv. Anton Alberts (nasionale voorsitter en LP van die VF Plus), Louis Meintjies (president TLU-SA), Jan Bosman (Afrikanerbond), Meyer de Jager (Afrikanerbond) en Wilson Ngema (Insika Yesizwe South Africa). Vir meer besonderhede, kontak Weber by 084 652 9164 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top