► Volgens SA in Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) toon jongste misdaadstatistiek vir SAPD tesame met vorige statistiek dat sedert 1994 in SA sowat 500 000 moorde gepleeg is en 1 miljoen verkragtings ► Prof. Rudolph Zinn van Unisa sê uit navorsing blyk dit dat van die misdadigers voer tot 107 misdrywe uit voordat hulle gearresteer word ► Solidariteit Netwerk loods nuwe Sol-Tech kampus in Pretoria teen koste van R300 miljoen, sal huidige kampus vir 1 200 studente verdubbel en sal na verwagting deure open in Januarie 2021 ► Kyk by hierdie video hoe top bevelvoerders van SA Vloot en Lugmag in Parlement getuig hoe vloot en lugmag op rand van ineenstorting is ► Vrou (55) in Oos-Vrystaat gisteraand terwyl sy gebad op ‘n plaas aangeval en verkrag, aanvaller vlug en niks gesteel nie ► Op die Economic Freedom of the World (EFW) 2019 verslag val Suid-Afrika 54 plekke na nr. 101 uit 162 lande, vanaf plek 47 in 2000 – volg hierdie skakel vir meer inligting ►Dit lyk of Britse premier Boris Johnson ‘n deurbraak met Brexit kan maak na ooreenkoms oor grensbeheer met Ierse Democratic Unionist Party (DUP) ► Voormalige Bok-afrigter Peter de Villiers sê hy gaan nie Springbokke vanjaar by Wêreldbeker ondersteun nie, omrede vroeëre betrokkenheid van Eben Etzebeth by onderonsie met twee bruin mense in Langebaan ►

Beplande grondgryp – oplaaiende teenreaksie

Sedert die middernagtelike aankondiging deur Cyril Ramaphosa op 31 Augustus 2018 oor die voorneme van die ANC om voort te gaan met wysiging van die Grondwet met die oog op grondgryp, was die teenreaksie so sneloplaaiend dat dit duidelik is dat Suid-Afrika op 'n mespunt geplaas is soos nog nooit in die geskiedenis nie. Dit is duidelik dat die ANC verbind is om sy Nasionale Demokratiese Rewolusie (NDR) te voltrek, die land in 'n Kommunistiese staat te omskep en blanke burgers sover as moontlik te marginaliseer.

Daarmee word SA gedryf na die rand van 'n burgeroorlog, met aan die een kant 'n tierende swart massa wat blanke burgers uitkryt as “gronddiewe” en eis dat “grond” onmiddellik teruggegee word sonder vergoeding. Aan die ander kant is hoofsaaklik blankes, maar ook swart en bruin mense wat hulself plaas op die grondslag van 'n regstaat, eiendomsreg, vryemark en gelyke kanse vir almal.

Terwyl by die grondverhore swart radikalisme hoogty gevier het en probeer is om oorweldigende steun vir wysiging van die Grondwet en grondgryp te monster, is dit insiggewend dat van die skriftelike voorleggings wat deur die voorgeskrewe amptelike kanale voor die spertyd gemaak is, 129 549 gekant is teen wysiging van die Grondwet, terwyl 100 308 ten gunste daarvan is – ‘n meerderheid van 29 241. Intussen word berig dat die ANC sy takke opdrag gegee het om nog skriftelike voorleggings te maak t.g.v. onteiening sonder vergoeding, ondanks die feit dat die spertyd reeds verstryk het.

'n Opsienbare verwikkeling is dat Ramaphosa aan Zoeloekoning Goodwill Zwelithini die versekering gegee het dat sy ongeveer 2,8 miljoen ha grond in naam van die Ingonyama Trust vry van grondgryp is. Dit skep 'n presedent vir ander tradisionele stamgronde in die land, wat tans sowat 13% van die oppervlakte van SA beslaan.

Nog 'n opmerklike verwikkeling is dat die koning van Swaziland onlangs aan 'n Afrikaner-afvaardiging die versekering gegee het dat grondooreenkomste van die 19de eeu waardeur feitlik die hele huidige Mpumalanga aan die Voortrekkers in ruilhandel vir vee gegee is, steeds as blanke grond erken word.

Internasionaal is daar in verskeie oorde ernstige besware teen die beoogde grondgryp van die SA regering. Daarby het die IMF ná 'n besoek aan SA 28 Mei tot 11 Junie vanjaar in 'n verslag gesê dat die voortslepende debat oor grondonteiening kan buitelandse beleggers beslis afskrik.

Olie op die vuur is gegooi met die bekendmaking deur Sondagmedia en AfriForum van 'n lys van sowat 200 plase wat reeds deur die Dept. van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming geïdentifiseer is vir onteiening sonder vergoeding. Vir 'n videogreep van Ernst Roets van AfriForum oor die lys, volg hierdie skakel.

Wat nog erger is, is dat dit blyk dat plase wat winsgewend bedryf word en sonder verbandskuld is, asook geleë is op ryk minerale neerslae, geprioritiseer word. Vir die besonderhede van die plase op hierdie lys, kliek hier.

Na berig word is die eerste twee plase op hierdie lys die eiendom van Akkerland Boerdery Edms. Bpk. in die Louis Trichardt-distrik (nou Makhado), 'n hoogs suksesvolle kommersiële boerdery en wat geleë is op die bekende Makhado Steenkoolrif met 'n geraamde waarde van ongeveer R70 miljard. indien ook gekyk word na die verhouding tussen van die ander plase op die lys en minerale neerslae, dan kan tot die onvermydelike slotsom gekom word dat die hele kwessie oor sg. “grond” in SA inderwaarheid eintlik gaan oor die ongelooflike ryk mineraalneerslae van die land. Sien Redaksionele kommentaar hieronder.

In reaksie op die bekendmaking van die lys van plase vir onteiening, het Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming Maite Nkoana-Mashabane en Minister van Landbou, Bosbou en Visserye Senzeni Zokwana ontken dat so 'n lys bestaan, maar sowel AfriForum as die SA Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) sê dat hul betroubare bronne bevestig dat hierdie lys reeds in staatsdepartemente gesirkuleer is. Nkoana-Mashabane word ook aangehaal dat sy vroeër gesê het daar is ‘n lys van plase om te dien as “toetssake” en dat dit nie vooraf bekend gemaak word ten einde boere nie die geleentheid te gee om tydig regstappe te neem nie.  

Die SAIRV het ook gesê dat hulle word oorval deur oproepe van bekommernis uit die buiteland oor die beplande grondgyp en dat dit die potensiaal het om beleggingsvertroue in SA te skaad op die vlak van die gevalle van Zimbabwe en Venezuela. Daarom vertrek 'n afvaardiging van die SAIRV op 'n drie weke inligtingstoer na Europa en die VSA.

Intussen wys regsgeleerdes daarop dat vir enige wysiging aan hoofstuk 2 van die Grondwet, wat handel oor die Handves van Menseregte, is 'n tweederde meerderheid van lede in die Nasionale Vergadering nodig, terwyl alle afgevaardigdes van ses van die nege provinsies in die Nasionale Raad van Provinsies ook die wysiging moet steun. Daarby is daar nog verskeie ander wetlike Parlementêre vereistes waaraan voldoen moet word,

Op sy beurt het die hoofregter Mogoeng Mogoeng, wat ook 'n lekeprediker is, gesê: “Ons Suid-Afrikaners is 'n vredeliewende nasie en ons sal geen ander oplossings nastreef vir die grondkwessie as 'n oplossing wat voorsiening maak vir ons almal se belange nie – 'n oplossing wat ons verenig en wat blywend is.” Vir wat dit werd is, het Vrystaatse premier Sisi Ntombela gesê geen onwettige grondbesettings sal in die Vrystaat geduld word nie.

Iemand soos prof. Mohammad Karaan, dekaan van die Fakulteit Agri Wetenskappe aan die Universiteit van Stellenbosch word soos volg aangehaal: “Daar is meer as genoeg grond in die mark om in SA  te voldoen aan die werklike behoefte vir grond. Daar is baie suksesverhale van vennootskappe, mentorskappe en bewyse van goeie samewerking tussen bestaande boere en opkomende boere in inisiatiewe van grondvlak af.

“Die beste man/vrou vir die werk en gesonde markbeginsels sal self die uitkomste bepaal. Gee aan elke Suid Afrikaner die geleentheid om die argitek van sy eie lewe te word en hou die besoedelde hande van politieke  koppelaars weg van die Suid- Afrikaners wat bereid is om in die aansien van sweet hulle eiendom te wil verdien en  besit.”  

AfriForum, TLU SA en die sake-organisasie Sakeliga het aangekondig dat hulle kragte gaan saamsnoer om gesamentlik grondgryp teen te staan. In die teenreaksie teen die grondgryp planne, is die gesindheid en kommentaar van Agri SA by monde van hul president Dan Kriek, wat AfriForum van panieksaai beskuldig en sê dat die lys van plase in die visier gefabriseer is.

Gradeer die artikel
(1 Vote)

1 comment

  • Pieter - Maandag, 20 Augustus 2018

    Baie dankie vir die bondige klomp inligting.

    Report

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Media

Go to top