► Volgens SA in Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) toon jongste misdaadstatistiek vir SAPD tesame met vorige statistiek dat sedert 1994 in SA sowat 500 000 moorde gepleeg is en 1 miljoen verkragtings ► Prof. Rudolph Zinn van Unisa sê uit navorsing blyk dit dat van die misdadigers voer tot 107 misdrywe uit voordat hulle gearresteer word ► Solidariteit Netwerk loods nuwe Sol-Tech kampus in Pretoria teen koste van R300 miljoen, sal huidige kampus vir 1 200 studente verdubbel en sal na verwagting deure open in Januarie 2021 ► Kyk by hierdie video hoe top bevelvoerders van SA Vloot en Lugmag in Parlement getuig hoe vloot en lugmag op rand van ineenstorting is ► Vrou (55) in Oos-Vrystaat gisteraand terwyl sy gebad op ‘n plaas aangeval en verkrag, aanvaller vlug en niks gesteel nie ► Op die Economic Freedom of the World (EFW) 2019 verslag val Suid-Afrika 54 plekke na nr. 101 uit 162 lande, vanaf plek 47 in 2000 – volg hierdie skakel vir meer inligting ►Dit lyk of Britse premier Boris Johnson ‘n deurbraak met Brexit kan maak na ooreenkoms oor grensbeheer met Ierse Democratic Unionist Party (DUP) ► Voormalige Bok-afrigter Peter de Villiers sê hy gaan nie Springbokke vanjaar by Wêreldbeker ondersteun nie, omrede vroeëre betrokkenheid van Eben Etzebeth by onderonsie met twee bruin mense in Langebaan ►

Groot leuen oor grond aan kaak gestel

Uit 'n skriftelike antwoord deur die Minister van Grondsake en Landelike Ontwikkeling op 'n Parlementêre vraag van die VF Plus blyk dit dat die oorgrote massa in die land nie in grond belangstel nie, maar in geld.   Daarmee is die leuen van die ANC en ander radikales aan die kaak gestel dat vir die masale armes en swartes in die land grond nie die sleutel oplossing is nie, maar 'n versugting na finansiële welvaart vir 'n beter lewe. 

Volgens die Parlementêre antwoord het die staat sedert 1994 altesaam 8,2 miljoen ha grond bekom in die grondhervormingsproses teen 'n koste van R39,2 miljard in totaal. Van hierdie bedrag het die eisers in 93% van alle suksesvolle grondeise verkies om die geld te neem en nie die grond nie.  Daarbenewens erken die staat dat dit in besit  is van feitlik al die grond wat die afgelope 24 jaar met belastingbetalersgeld aangekoop is.

Dit beteken dat miljoene hektaar grond wat oor 24 jaar aangekoop en betaal is, kan oor die volgende 24 jaar uitgedeel word sonder dat dit ʼn sent sal kos en sonder dat ʼn enkele hektaar van enige persoon afgeneem of gekoop hoef te word. Daarby erken die staat dat dit sowat 17 miljoen ha grond besit.

Blykens die Parlementêre antwoord 3,3 miljoen ha sedert 1994 deur die restitusieproses bekom en 4,9 miljoen ha deur herverdeling, dus ʼn totaal van 8,2 miljoen ha. Die restitusieproses het R21,6 miljard gekos en die herverdelingsproses R17,6 miljard. Wat restitusie betref, is ʼn bedrag van R13,5 miljard aan eisers betaal wat geld eerder as die grond verkies het.

  

Aangesien 93% van eisers eerder geld as grond verkies het, beteken dit die staat moes in feitlik alle gevalle die boer en daarna ook die eiser vir dieselfde grond betaal wat die prys vir een stuk grond dus aansienlik duurder gemaak het. In sommige gevalle tot 63%.

Hierdie bedrag beloop R13,5 miljard volgens die parlementêre antwoord. Die verkoper het hiermee niks te make nie. Die regering het ook reeds erken hy besit tans vierduisend plase wat vir herverdeling gebruik kan word.  Voorts erken die regering dat 90% van vorige herverdelingsprogramme misluk het en dat  hierdie plase ook in staatsbesit is.

In kommentaar op hierdie feitelike inligting deur die Minister van Grondsake en Landelike Ontwikkeling  sê die VF Plus:  “Die ANC-regering is besig om die land en die wêreld te bedrieg oor die ware situasie rondom grondhervorming in Suid-Afrika. Hy is bereid is om sodoende ʼn vlam voor ʼn kruitvat te hou, beleggers te verdryf en voedselsekerheid te bedreig net om sy eie mislukking as regering te verberg en kiesers na die stembus te lok.  Hy mislei veral die publiek deur te sê onteiening sonder vergoeding is die enigste manier om die verdeling van grond te bespoedig”.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top