► “’n Monument van grootskaalse korrupsie” is hoe Noord-Kaapse premier dr. Zamani Saul nuwe psigiatriese hospitaal in Kimberley geopen het 13 jaar nadat konstruksie begin is @ R290 miljoen, maar nou eers voltooi is teen R2 miljard ►Appèlhof handhaaf beslissing van Noord-Gauteng hooggeregshof dat Cash Paymaster Services (CPS) R316 miljoen aan Sassa moet terugbetaal ►Transnet toon wins van R6 miljard vir finansiële jaar 2018/19; eerste staatsonderneming in baie lank tyd wat wins toon ►Plaasterreur 30 September, Malmesbury, twee aanvallers in plaashuis, huiseienaar skiet een dood ►Groot dele van die land vanaf Limpopo tot in die Wes-Kaap ondervind erge droogtetoestand met minder as 50% van die gemiddelde reënval in 2018/19 seisoen – sien by hierdie skakel hoe in Steytlerville-distrik droogte ervaar word; aan die ander kant sien by hierdie video hoe gejuig word oor goeie reën in distrik Beaufort-Wes ►Kampioen Boran stoetbul genaamd Mr. Million, gekoop vir R1 miljoen, se hakskeensenings deur veediewe op plaas by Brits afgekap, moes vankant gemaak word ►Intensiewe driedaagse-kursus oor in- en uitvoer en internasionale handel aangebied te Midrand, Kaapstad en Durban, kontak Ronell 073 291 0450 of events@norcaz.biz►

Die klug van grondhervorming

Die afgelope week het die klug van grondhervorming nog duideliker na vore gekom met die onthulling deur Rapport dat die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) bevind het dat die grondhervormingsproses van die staat die afgelope sowat 10 jaar vrot van korrupsie was. O.a. is bevind dat talle van die sg. ‘begunstigdes’ nog nooit op ʼn plaas nie, weet hulle nie eens hulle besit nou plase nie, of was van hulle reeds dood toe hulle ‘eienaars’ geword het.

In ander gevalle het amptenare van die Dept. van Grondhervorming plase vir hulself of familie en vriende toegeken en is aansoekvorms nie eens volledig ingevul nie. ʼn Totaal van 58 plase ter waarde van sowat R150 miljoen is teruggegee aan die staat en ʼn verdere 37 is onder kuratorskap geplaas hangende ondersoeke.

Die SOE het aanbeveel dat in 43 sake dringend strafregtelik vervolg word en dat teen 23 amptenare kriminele stappe geneem word. Daar is ook onthul dat die SOE verslag al 11 maande op die lessenaar van Pres. Cyril Ramaphosa lê, sonder dat iets wesentlik daar omtrent gedoen is.

Vroeër is voor die Zondo-kommissie getuig dat die voorsitter van die Grondwet Hersieningskomitee, Vincent Smith, ʼn begunstigde van Bosasa was, wat sy integriteit in ʼn sleutelproses ernstig onder verdenking bring. Dit alles kom teen die agtergrond dat die wyse waarop die resultate van die openbare deelnameproses verlede jaar oor die voorstel van grondonteiening sonder vergoeding ondemokraties en gekontamineer deur die Parlement gestoomroller is.

Voorts is daar bewyse dat die staat baie onbenutte grond besit wat vir swartmense beskikbaar gestel kan word en dat derhalwe onteiening sonder vergoeding glad nie nodig is nie. Dit alles is natuurlik bo en behalwe die feit dat geen bewyse nog op die tafel geplaas is van sg. diefstal deur blankes van grond van swartmense nie.

Dit alles toon dat die hele grondhervormingsaangeleentheid in SA ʼn kunsmatige klug is en dat dit slegs daarop gemik is om blankes in die land van hul eiendom te vervreem en hulle inderwaarheid uit die land te dwing. Daarom behoort hierdie situasie gesien te word vir wat dit werklik is en behoort blankes juridies, regmatig en moreel vas te staan en die proses met alle mag te bestry.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top