► Pres. Cyril Ramaphosa vra nasionale dialoog oor moontlikheid om pensioenfondse in bankrot staatsondernemings te belê – “Ons finansiële bronne is uitgeput, terwyl ons ontwikkelingsbehoeftes enorm is” ► Vraag op sosiale media: Hoekom kry regering nie die miljarde staatsgeld wat gesteel is terug nie, maar wil nou die pensioengeld vat van mense wat hard gewerk het daarvoor en toegewyd gespaar het? ► Menseregtekommissie oorweeg stappe teen Ernst Roets van AfriForum oor vertoon van vorige landsvlag op sosiale media, word as “verdelend” beskou ► Petroljoggies landswyd dreig om volgende week te staak oor salarisse, eis verhoging van 12%, maar werkgewers bied slegs 5% ► Brian Molefe, voormalige hoof van Eskom, moes gister meer as R10 miljoen aan Eskom pensioenfonds terugbetaal as onwettig ontvang, maar nog geen teken daarvan nie ► Veldbrand wat versprei tot in St. Francisbaai verwoes 12 huise tot die grond toe ► Storm oor aanranding van blanke kleuters deur swart personeel by Myne Maatjies Dagsorg Sentrum in Randfontein, ouers woedend, drie persone gearresteer, MRK swyg soos graf ► Lastereis van oud-minister Derek Hanekom van R500 000 teen oud-pres. Jacob Zuma, vandag in hooggeregshof in Durban aangehoor, eis omdat Zuma Hanekom “apartheidspioen” genoem het ► Curriebekerreeks word hierdie naweek voortgesit, met slegs Griekwas wat verseker is van plek in halfeindstryd ►

Ná ʼn kwarteeu van korrupsie, nepotisme, rassediskriminasie en staatskaping soos die land nog nie beleef het nie, is SA duidelik vasgevang in ʼn maalkolk van staatskuld, wat dreig om die hele land te laat verdrink. In 2018/19 was die koste R 182,2 miljard op staatskuld van R2,8 triljard, in 2019/20 eskaleer dit na R202,2 miljard op R3,0429 triljard, met verwagting dat dit in 2021/22 sal groei tot R247,4 miljard op ʼn skuld van R3,7 triljard.

 
Die rentelas beloop reeds meer as R473 miljoen per dag. - dus ʼn tikkende finansiële, ekonomiese en maatskaplike tydbom met as potensiële slagoffers al die mense van die land. Daar is geen konkrete aanduiding dat die regering die groot sondebokke soos korrupsie, nepotisme en veels te veel salarisse effektief gaan hokslaan nie.
 
Wat is die opsie vir regsinnige Afrikaners? Belastingweerhouding? Selfbeskikking as volk? Wat sê ons lesers?
 

Die huidige stryd tussen OB, Busisiwe Mkhwebane, en Minister van Openbare Ondernemings Pravin Gordhan oor skynbaar regstegniese wedsoortredings wat laasgenoemde sou begaan het, terwyl bewese groot staatskapers soos Jacob Zuma, Ace Magashule en kie nie aktief deur die OB ondersoek word nie, wys dat staatskaping in SA nog lank nie verby is nie. Die hele saga dui daarop dat dit ʼn deursigtige poging is om staatskaping van die verlede te verbloem en terselfdertyd die deur oop te hou vir verdere aksies in hierdie verband.

Die aanstelling van meelopers in staatskaping in die invloedryke poste van voorsitters van Parlementêre portefeuljekomitees is ʼn bevestiging van hierdie siening. Aan die ander kant is daar lig in die vorm van die Zondo- en Mpati-kommissies wat staatskaping meedoënloos blootlê, terwyl daar ook denkende swartes is wat gekant is teen korrupsie en nepotisme.

Die stryd is dus nog lank en nie iets van die verlede nie en daar kan net gebid en gewerk word dat reg en geregtigheid in SA uiteindelik sal seëvier!

Die donker wolk het darem ʼn silwerrandjie, in hierdie geval die Zondo-kommissie en ander kommissies van ondersoek wat tans sit en voor wie die ongelooflikste korrupsiederm daagliks op TV voor die hele land uitgeryg word. Daar is groot dankbaarheid vir die voorsittende regters soos Raymond Zondo en Lex Mpati wat ʼn atmosfeer van vertroue skep waarin sleutelgetuies en fluitjieblasers met gerustheid die hoofstukke van staatskaping een vir een kan uitpak.

Ons het waardering vir hierdie regters en ook vir die betrokke swart getuienisleiers wat onbevrees hul werk doen en toesien dat die waarheid objektief op die tafel kom. Daarby is die goeie samewerking tussen swart en wit amptenare in hierdie drama ook net te waardeer.

Go to top