►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►
Volgens 'n verslag getiteld Internet access in South Africa wat World Wide Worx uitgereik het, het die getal Suid-Afrikaners wat die Internet gebruik, verlede jaar die eerste keer die 20 miljoen-kerf verbygesteek en gaan na verwagting in 2017 groei tot meer as 22,5 miljoen. Volgens Statistieke SA staan die Suid-Afrikaanse bevolking op sowat 56 miljoen mense, wat beteken dat die land se Internetpenetrasie vanjaar 40% gaan bereik. Bykans 'n derde (31%) van die respondente gebruik die Internet vir kommunikasie, gevolg deur sosiale netwerke (25%) en vir inligting (23,7%). Slegs 22,1% van die mense het aangedui dat hulle die Internet vir vermaak gebruik. Intussen blyk dit dat Vodacom in die kwartaal tot einde Junie 2,3 miljoen kliënte in Suid-Afrika bygekry het en dat slimfone nou 57% uitmaak van alle toestelle wat Vodacom in die land verkoop.
Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top