► OB Busisiwe Mkhwebane ondersoek nou ook pres. Cyril Ramaphosa vir bedrog voor Parlement en geldwassery met skenking ► Nuwe Minister van Gesondheid dr. Zweli Mkhize sê Nasionale Gesondheid Versekering (NGV) plan gaan geïmplementeer word – “Apartheid het gesê waaraan jy sal doodgaan, maar ANC regering gaan mediese behandeling bekostigbaar en toeganklik maak vir alle Suid-Afrikaners” ► Jongste verslag oor terreur op plase ► 27 Mei Joekie Nortje (80) en haar seun Johan (62) op plaas Nooitgedacht, Soutpansberg deur 5 aanvallers erg aangerand, o.a. met panga, Johan moet breinskandering ondergaan en Joekie fisio vir haar hande ► 5 Junie by Louis-Trichardt plaasbestuurder Ferdi Jacobs (35) deur 2 aanvallers met mes gesteek en oor kop geslaan, veg terug en aanvallers vlug ► Mediese Fakulteit van UV staak opleiding van studente van Pelonomi Hospitaal weens misdadige aanvalle deur inbrekers op dokters en mediese personeel ► Capitec nou grootste bank in SA volgens takke (840); Absa egter die meeste kitsbanke (8 961), met Standard Bank 2de meeste kitsbanke (7 140), Capitec 5 000 kitsbanke ► Gerda Steyn eerste vrou in Comrades Marathon oor 68,83 km in rekordtyd van 5:58:53 en algeheel 17de uit totaal van 21 625 atlete wat begin het ► Rafael Nadal wen Franse Tennis Ope vir rekord 12de keer – eerste keer dat tennisspeler dieselfde grand slam titel 12 keer wen ► Groot betogings in Hong Kong omdat Chinese regering op vasteland uitleweringswet wil implementeer vir Chinese in Hong Kong wat hulle soek vir “misdade” ► Krieket Proteas in Wêreldbeker vandag in reg of weg wedstryd teen Wes-Indië ►

Nuwe reëls oor datagebruik pas bekendgemaak deur die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van SA (Okosa) kan 'n ingrypende invloed hê op selfoonkommunikasie in die land. Dit behels o.a. dat diensverskaffers voortaan net buitebondeltariewe vir data kan hef indien gebruikers vooraf uitdruklik daartoe ingestem het.

Verder moet diensverskaffers gebruikers inlig sodra hulle meer as 50% van hul gekontrakteerde data verbruik het, weer wanneer 80% verbruik is en dan weer wanneer die datapakket heeltemal opgebruik is. Nog 'n nuwe bepaling is dat diensverskaffers vir gebruikers die geleentheid moet bied om ongebruikte data na die volgende maand oor te dra.

Die nuwe maatreëls behoort dataverbruik in SA aansienlik meer gebruikersvriendelik te maak.

Gradeer die artikel
(1 Vote)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top