Print this page

Kontroversiële Elektroniese Kommunikasie Wetsontwerp steeds gedryf

Die kontroversiële Elektronies Kommunikasie Wetsontwerp of sg. Electronic Communications Amendment (ECA) Bill word steeds deur die regering in die Parlementêre proses gedryf met die hoop op finale aanname. Die wetsontwerp is hoogs omstrede omdat dit streef om vrye gebruik van die Internet ingrypend in te perk.

Die wetsontwerp is ná hewige kritiek van die publiek al telkens gewysig, maar steeds lewer iemand soos Leon Louw van die Vryemark Stigting die volgende kommentaar: “The Bill is a terrible, failed, anti-progress and corrupt idea and is fundamentally flawed and we are seeking senior counsel opinion.” Daar word voorts op gewys dat die wet ook ingrypend kan bepaal hoe Suid-Afrika met die buitewêreld kommunikeer en watter status internasionaal aan die land toegeken word.

Lede van die publiek word sterk aangeraai om op Google meer besonderhede oor die wetsontwerp in te win en ook ‘n protesstem daarteen uit te bring.

Gradeer die artikel
(0 stemme)