Print this page

Samevatting van sosiale mediasyfers

Volgens die webwerf www.hootsuite.com gebruik tans 3,196 miljard mense van die wêreldbevolking van sowat 7 miljard sosiale media – 13% meer as verlede jaar. Die totale aantal selfoongebruikers wêreldwyd is 5,14 miljard – 4% meer as verlede jaar.

Elke sekonde begin 11 nuwe mense sosiale media te gebruik, wat ongeveer 1 miljoen mense elke dag is. Die markte waar sosiale media die snelste toeneem is Sentraal- en Suid-Asië, onderskeidelik 90% en 33%. Die gemiddelde Amerikaner bestee meer as 2 uur per dag aan sosiale media.

Die advertensiebesteding op sosiale media het in 2017 meer as $35 miljard wêreldwyd beloop, oftewel 16% van alle digitale advertensies. Op Facebook maak 5 miljoen besighede van betaalde advertering gebruik.

Facebook is die grootste sosiale webwerf ter wêreld met 2,2 miljard gebruikers; tweede is YouTube met 1,5 miljard en derde Instagram met 800 miljoen. Vir meer besonderhede, volg hierdie skakel.

Gradeer die artikel
(0 stemme)