► Volgens SA in Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) toon jongste misdaadstatistiek vir SAPD tesame met vorige statistiek dat sedert 1994 in SA sowat 500 000 moorde gepleeg is en 1 miljoen verkragtings ► Prof. Rudolph Zinn van Unisa sê uit navorsing blyk dit dat van die misdadigers voer tot 107 misdrywe uit voordat hulle gearresteer word ► Solidariteit Netwerk loods nuwe Sol-Tech kampus in Pretoria teen koste van R300 miljoen, sal huidige kampus vir 1 200 studente verdubbel en sal na verwagting deure open in Januarie 2021 ► Kyk by hierdie video hoe top bevelvoerders van SA Vloot en Lugmag in Parlement getuig hoe vloot en lugmag op rand van ineenstorting is ► Vrou (55) in Oos-Vrystaat gisteraand terwyl sy gebad op ‘n plaas aangeval en verkrag, aanvaller vlug en niks gesteel nie ► Op die Economic Freedom of the World (EFW) 2019 verslag val Suid-Afrika 54 plekke na nr. 101 uit 162 lande, vanaf plek 47 in 2000 – volg hierdie skakel vir meer inligting ►Dit lyk of Britse premier Boris Johnson ‘n deurbraak met Brexit kan maak na ooreenkoms oor grensbeheer met Ierse Democratic Unionist Party (DUP) ► Voormalige Bok-afrigter Peter de Villiers sê hy gaan nie Springbokke vanjaar by Wêreldbeker ondersteun nie, omrede vroeëre betrokkenheid van Eben Etzebeth by onderonsie met twee bruin mense in Langebaan ►

In hierdie fokus op KragDag 2019 adverteer die volgende uitstallers by die ekspo om daarmee te sê, eerstens, dat hulle gerus persoonlik by hul stalletjies besoek kan word en, tweedens, dat hulle ook graag hul produkte en dienste wil uitbrei na die strategiese teikenmark wat deur Ditsem Nuus bedien word, nl. Bloemfontein, Kimberley, deel van die Vrystaat en deel van die Noord-Kaap, asook wyd op die Internet – alles met middel- en hoër-inkomste Afrikaanssprekendes:

  • Advanced Shooting Products
  • AllSolar Renewable Energy Soluttions
  • BioSewage
  • Gener8 Sustainable Energy Solutions
  • GeyserWorx
  • Hydro Solutions
  • Sonman

Die KragDag Ekspo wat jaarliks in Augustus op die plaas Diamantvallei oos van Pretoria gehou word, met die datum vir vanjaar 8-10 Augustus, bied ’n vertoonvenster vir energie- en ander selfstandigheidsoplossings oor die samelewingspektrum. Dit sluit in entrepreneurskap in veelvuldige skakerings, ʼn opvoedkunde sub-ekspo en ’n volwaardige landbou-ekspo.


Dit alles word saamgevat onder die leuse Doen Jou Eie Ding! en staan in die teken van 'n vryword-lewe deur volhoubare en selfstandigheidsoplossings gekoppel aan doen-dit-self planne - alles wat jou terselfdertyd minder uitgelewer en afhanklik van ’n staatsbepaalde lewe maak. Hierin speel dinge soos hernubare en alternatiewe energie ʼn sentrale rol, maar daar word ook voorsiening gemaak vir ander aspekte wat ʼn lewe van selfbehoud en selfbeskik moontlik maak.


By KragDag word oplossings gevind vir die uitdagings van energie, water, veiligheid, gesondheid, voedselproduksie, opvoedkunde, verve, konstruksie en veel meer. Terselfdertyd word ʼn platform verskaf waar ondernemers en die publiek kan sinergiseer ten einde by nog beter konsepte uit te kom.


Die atmosfeer by KragDag is getooi in ‘n karnavalatmosfeer waarin lekker kuier deuretyd hoog op die agenda is.Tydens die ekspo is daar in die KragDag Raadsaal ook gratis lesings en paneelbesprekings deur bekendes en kenners, terwyl op die landbou-ekspoterrein o.l.v. TLU SA indringend aandag gegee word aan die velerlei aspekte van die boerderbedryf. Dit sluit 'n slaglamkompetisie en die Toyota Afslaers streekskampioenskappe in.


Aktiwiteite in die arena sluit in vertonings met perde en berede oorlogvoering, veerastentoonstellings, hommeltuigdemonstrasies en ’n grassnyerresies.


Samevattend kan by die KragDag Ekspo o.m. die volgende te wagte wees: 330 selfstandigheidstema uitstallers / 165 landbou-uitstallers / 30 opvoedkunde-uitstallers / 20 makerbeweging uitstallings / 50 junior entrepreneurs / ’n snuffelmark / massiewe verskeidenheid verversings / pretpark en vermaak wat enige iets insluit tussen ossewa- en helikopterritte.


KragDag is gebore uit ʼn beskeie private inisiatief en deur die jare het dit, gekenmerk deur Afrikaanse en Afrikanerkultuur, van krag tot krag gegroei tot ʼn gebeurtenis wat nie misgeloop moet word deur elkeen wat met geloof en persoonlike dryfkrag vorentoe wil gaan nie. Veral vir die Afrikaner wat toenemend uit die hoofstroom ekonomie gemarginaliseer word, bied KragDag ʼn uitmuntende geleentheid om hom- of haarself ten volle uit te leef.

Go to top