► Helen Zille teen wense van leier Mmusi Maimane verkies as federale voorsitter van DA; interessant wat van DA gaan word ► Herman Mashaba bedank as DA burgermeester van Johannesburg oor verkiesing van Zille ► Bejaarde egpaar Henning (82) en Hilda (80) Schourie in hul huis in Sophiatown wreed doodgeslaan ► Agnes Elaine Burns (91) en Rosemary Landton (87) vermoor in aftree-oord in Port Elizabeth, 5 verdagtes 4 mans en vrou in hegtenis, vrou versorger by oord. ► Beroemde sangpaar Lance James (81) en Min Shaw (85) deur FAK van dr. Danie Langner met spesiale toekenning vereer vir hul bydrae tot die Afrikaanse musiekbedryf ► Wêreldbeker Rugby Springbokke vs. Wallis en All Blacks vs. Engeland in halfeind ► Supersoniese Bloodhound kom in SA aan vir aanslag op landspoedrekord op Hakspeenpan in Noord-Kaap met doel om 1 600 km per uur te bereik ► Telkom kondig aan dat dit kopernetwerkinfrastruktuur vir ADSL en telefoonlyne gaan opskort en dat verbruikers ander opsies moet vind, waarskynlik optiese vesel, goedkoper as ADSL ►

Die hele doel van die Zondo-kommissie is om die fenomeen van staatskaping in SA die afgelope sowat 12 jaar te ondersoek en het talle getuies en honderde getuienisse na vore gekom wat met feite aandui dat oud-pres Jacob Zuma die argitek van staatskaping was. Die logiese is dat die man homself kom getuig en dit was wat die afgelope vyf dae op die program was.

 
Eers het regter Zondo vir Zuma onbeperkte geleentheid gegee om sy standpunt te stel, wat hy gedoen het deur homself te verontskuldig en as slagoffer van vervolging voor te stel. Daarna was dit volgens die reëls van die kommissie tyd vir kruisverhoor onder getuienisleier adv. Paul Pretorius. Zuma het egter erg klei getrap met sy antwoorde van ontkennings, kannie-onthou-nie, ens.
 
Terselfdertyd moes dit teen die grein van Zuma, uitgesproke anti-witrassis, gegaan het om deur ʼn blanke onder kruisverhoor geneem te word. Die logiese was dat Zuma op ʼn stadium agterop sou skop en weier om met sy getuienis voort te gaan en dit het hy dan ook gedoen by monde van sy regsverteenwoordiger, adv. Muzi Sikhakhane.
 
Laasgenoemde het Pretorius en sy span van onbevoegdheid, onkunde en onregmatigheid ingevolge die Grondwet beskuldig. Daar is egter geen tasbare bewys dat Pretorius buite sy magte opgetree het nie en die indruk wat gevolglik onvermydelik ontstaan, is dat in hierdie hoëprofiel ondersoek ʼn swarte ʼn blanke van onbevoegdheid mag beskuldig sonder om rassisties gemerk te word, maar, o wee, wat sou gebeur indien Pretorius Sikhakhane en Zuma van rassisme sou beskuldig?
 
Dit is duidelik dat ras in die ondersoek in die geval van Zuma ʼn faktor geraak het.
 
Intussen is in die ondersoek nog nie van Zuma antwoorde op ʼn menigte van wesentlike vrae ontvang nie, soos hoe verklaar hy die sowat een-derde van die BNP van die land van sowat R4,9 triljard wat onder sy presidentskap deur korrupsie en nepotisme verdwyn het, asook wat hy weet van die R300 000 per maand wat Bosasa aan die Jacob Zuma Stigting betaal het.

Go to top