► Met meer as 80% van stemme getel in die verkiesing, staan nasionaal die ANC op sowat 57%, DA 22%, EFF 10%, IVP 3% en VF Plus 2,5%, met die res in bondel agterna ► Wat provinsies betref, is ANC loshande top in agt van die nege, met die Wes-Kaap wat steeds onder DA bly ► Algemene patrone op hierdie stadium is dat die ANC redelik gevaar het ten spyte van skandes van staatskaping en die gemors waarin die land gedompel is; DA het nie aan verwagtinge voldoen nie en is waarskynlik grootste verloorder om verskeie redes; IVP, VF Plus en EFF het almal hul mindere steun feitlik verdubbel, grootbek BLF heeltemal uit die bus met slegs sowat 8 000 stemme in totaal ► Kleiner partye maak groot bohaai oor bedrog met stemmery in die verkiesing, maar OVK sê ná deeglike ondersoek is weinig stawende bewyse gevind; luister bv. na hierdie stemgreep van Front Nasionaal en vorm jou eie mening ► Alliance Defending the Autonomy of Churches in SA (AdacSA) vandag in Pretoria se hooggeregshof vir saak om outonomie van kerke en godsdiensvryheid in SA te verdedig ► Zondo-kommissie hoor oor Transnet dat finansiële hoof van die maatskappy het mag gehad om kontrakte en tenders van tot R1 miljard alleen toe te ken ► MTN, een van die boikotters van Steve Hofmeyr, verloor in eerste kwartaal vanjaar meer as 1,3 miljoen kliënte ► Oor wie die beste skolerugbyspan in die land is, word môre in Bloemfontein bepaal wanneer Grey Kollege en Hoër Jongenskool Paarl (Boishaai) mekaar pak ►
Die FAK stel as deel van hulle 90ste verjaarsdag ’n Geskiedenisfonds bekend met die doel om Afrikanergeskiedenis te bevorder. Dr. Danie Langner, besturende direkteur van…
Jaarliks stel Ditsem Nuus as Afrikaanse koerant gebaseer te Orania, ʼn Geloftefeeskalender saam van Geloftefeeste wat nie net in SA gehou word nie, maar selfs…
Met Erfenisdag 24 September 2018 het die VF Plus Jeug landswyd onbekende en verwaarloosde erfenisterreine, -gebiede en -monumente in elke provinsie besoek en skoongemaak. O.a.…
'n Selfverduidelikende promosie-artikel van VONK Musiek lui soos volg: “Sedert die Kannie Warries Dansorkes in 2000 gestig is, het van die orkeslede gekom en gegaan,…
In 'n mediaverklaring wys die FAK daarop dat op Vrydag 31 Mei 1918 het CJ Langenhoven in Arbeidsgenot 'n gedig geskryf wat later bekend sou…
Die Afrikanerbond het bekendgemaak dat dit sy eeufees vier op 5 Junie 2018 en dat die geleentheid gevier word met die volgende twee geleenthede hierdie…
Bladsy 1 van 3
Go to top