► “’n Monument van grootskaalse korrupsie” is hoe Noord-Kaapse premier dr. Zamani Saul nuwe psigiatriese hospitaal in Kimberley geopen het 13 jaar nadat konstruksie begin is @ R290 miljoen, maar nou eers voltooi is teen R2 miljard ►Appèlhof handhaaf beslissing van Noord-Gauteng hooggeregshof dat Cash Paymaster Services (CPS) R316 miljoen aan Sassa moet terugbetaal ►Transnet toon wins van R6 miljard vir finansiële jaar 2018/19; eerste staatsonderneming in baie lank tyd wat wins toon ►Plaasterreur 30 September, Malmesbury, twee aanvallers in plaashuis, huiseienaar skiet een dood ►Groot dele van die land vanaf Limpopo tot in die Wes-Kaap ondervind erge droogtetoestand met minder as 50% van die gemiddelde reënval in 2018/19 seisoen – sien by hierdie skakel hoe in Steytlerville-distrik droogte ervaar word; aan die ander kant sien by hierdie video hoe gejuig word oor goeie reën in distrik Beaufort-Wes ►Kampioen Boran stoetbul genaamd Mr. Million, gekoop vir R1 miljoen, se hakskeensenings deur veediewe op plaas by Brits afgekap, moes vankant gemaak word ►Intensiewe driedaagse-kursus oor in- en uitvoer en internasionale handel aangebied te Midrand, Kaapstad en Durban, kontak Ronell 073 291 0450 of events@norcaz.biz►

Leerlinge in asbesskool oor Afrikaans

Leerlinge van ʼn oorvol Afrikaanse skool in Tulbagh moet in asbeskamers skoolgaan, terwyl ʼn nuwe skool wat teen R71 miljoen net buite die dorp gebou is en slegs Xhosa en Engels as voertaal gebruik, half leeg staan. Volgens die webwerf van die Wes-Kaapse Dept. van Onderwys is daar plek vir 1 250 leerlinge in die nuwe skool met sy meer as 28 verskillende klaskamers, maar omdat daar so min Xhosa-sprekende leerlinge in en om Tulbagh is, is daar slegs sowat 500 leerlinge in die skool, waarvan talle met busse van elders aangery word. Gevolglik is daar groot ongelukkigheid onder veral die bruin gemeenskap van Tulbagh, wat 95% van die Afrikaanssprekendes van die gemeenskap uitmaak en meen hulle dat die asbesskool met sy gevaarlike omstandighede onverwyld ontruim moet word en dat daar in die nuwe skool ook voorsiening gemaak behoort te word vir onderrig in medium Afrikaans.
Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top