► “’n Monument van grootskaalse korrupsie” is hoe Noord-Kaapse premier dr. Zamani Saul nuwe psigiatriese hospitaal in Kimberley geopen het 13 jaar nadat konstruksie begin is @ R290 miljoen, maar nou eers voltooi is teen R2 miljard ►Appèlhof handhaaf beslissing van Noord-Gauteng hooggeregshof dat Cash Paymaster Services (CPS) R316 miljoen aan Sassa moet terugbetaal ►Transnet toon wins van R6 miljard vir finansiële jaar 2018/19; eerste staatsonderneming in baie lank tyd wat wins toon ►Plaasterreur 30 September, Malmesbury, twee aanvallers in plaashuis, huiseienaar skiet een dood ►Groot dele van die land vanaf Limpopo tot in die Wes-Kaap ondervind erge droogtetoestand met minder as 50% van die gemiddelde reënval in 2018/19 seisoen – sien by hierdie skakel hoe in Steytlerville-distrik droogte ervaar word; aan die ander kant sien by hierdie video hoe gejuig word oor goeie reën in distrik Beaufort-Wes ►Kampioen Boran stoetbul genaamd Mr. Million, gekoop vir R1 miljoen, se hakskeensenings deur veediewe op plaas by Brits afgekap, moes vankant gemaak word ►Intensiewe driedaagse-kursus oor in- en uitvoer en internasionale handel aangebied te Midrand, Kaapstad en Durban, kontak Ronell 073 291 0450 of events@norcaz.biz►

Lesufi-veldtog teen Afrikaanse skole

Dit blyk dat die LUR vir Onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, een van die grootste opstokers is teen die bestaan van die oorblywende Afrikaanse skole. Dit blyk bv. uit die jongste voorval waar hy in die media en op sosiale media te velde trek teen die taalbeleid van die Laerskool Danie Malan in Pretoria-Noord en 'n amptelike ondersoek aangevra het.

In reaksie hierop sê die VF Plus “Lesufi is moedswillig met sy politieke agenda wat hy op skole wil afdwing en dat hy deurgaans sekere skole uitsonder en van hulle sondebokke probeer maak om sy eie foute toe te smeer. Hy verstaan nie wat in die SA Grondwet staan nie dat elke taalgroep in die land die reg het om in sy eie moedertaal onderrig te word. Waarna moet Afrikaanse leerders dan gaan as hul nie skole in hul eie gemeenskappe mag bywoon om in Afrikaans onderrig te word nie?

“Lesufi is bewus daarvan dat Gauteng tans te min skole vir te veel leerlinge het. Hy sal moet verduidelik waarom daar nie skole in Gauteng gebou word nie, al is daar begroot daarvoor. Waarheen moet Afrikaanse leerlinge gaan as ʼn skool te vol is? Hul kan tog sekerlik nie uit die skool gehaal word en nie ʼn opvoeding kry nie?

“Lesufi is besig met ʼn heksejag teen skole in die provinsie wat wel goed presteer en funksioneer om sodoende sy eie laksheid en swak bestuur toe te smeer. Hy sal vinnig sy werksaamhede as LUR moet begin uitvoer en ophou om sy wil op skole af te dwing, anders gaan hy homself teen ʼn muur van weerstand vanuit die Afrikaanse gemeenskap vasloop.”

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top