► Navorsing van Solidariteit toon dat die blanke bevolking van die land van 0-14 jaar met sowat 17 000 toegeneem het en dat totale blanke bevolking sedert verlede jaar met 130 000 mense gegroei het; dus groot behoefte aan werkskepping vir blankes ► Ditsem Nuus skep opwindende digitale markplein, DitsemMarkplein, vir Afrikaanssprekende- en Afrikaner-besighede op Telegram-program vir selfone – om te besoek en in te skakel, volg hierdie skakel ► Solidariteit kondig omvattende wettige belastingprotesveldtog aan, insluitende minstens ses regsaksies, teen staatsondernemings en belastingplunderaars, sê staat kan nie belasting gebruik om te steel nie ► Met ʼn skuld van R441 miljard toon Eskom bedryfsverlies vir 2018/19 finansiële jaar van R20,7 miljard in vergelyking van R2,3 miljard in 2017/18 finansiële jaar, dus styging van 800% in verlies; munisipale skuld by Eskom styg van R13,6 miljard na R19,9 miljard ► Minister van Openbare Ondernemings Pravin Gordhan kondig aan dat huidige voorsitter van raad van Eskom Jabu Mabuza ook aangestel is as waarnemende uitvoerende hoof ► Verslag van Stats SA toon dat werkloosheidskoers in SA van 27,6% in eerste kwartaal gestyg het na 29% in tweede kwartaal, na raming 17 miljoen werkloses in Suid-Afrika; vermoede dat werklike werkloosheid minstens 60% kan wees ► Diensbetogers te Petrus-Steyn brand uit frustrasie huis van ANC burgermeester Mamiki Mokoena van Nketoana Munisipaliteit af; geen drinkwater in die dorp nie ► In Pretoria staak munisipale werkers van SAMWU met looneis van 18% verhoging, terwyl inflasiekoers ongeveer 5% is; staking gepaard met vandalisme van infrastruktuur en intimidasie van publiek – kyk hierdie videogreep ► AfriForum beraadslaag met Marloth Park Belastingbetalersvereniging ten einde vestiging van steenkoolmyn van 18 000 ha op drumpel van Kruger Nasionale wildtuin by Krokodilbrughek teen te staan ► Groot verdeeldheid in ANC oor ʼn voormalige minister Derek Hanekom met Ace Magashule en Jacob Zuma wat sê hy was “apartheidspioen”, terwyl ANC-veterane en andere hom verdedig as gerespekteerde lid van ANC ► Kyk by hierdie videogreep hoe gemeenskapslede te Burgersfort volgens sosiale media SAPD-beamptes behandel ► Volgens Parlementêre antwoord van Minister van Maatskaplike Ontwikkeling Lindiwe Zulu, is pensioentrekkers en ander begunstigdes afgelope jaar uit maatskaplike toelaes van gesamentlik meer as R21 miljoen bedrieg, terwyl staatsamptenare op bedrieglike wyse R5,4 miljoen in sak gesteek het vir onbehoorlike siekte verlof ► Gereelde georganiseerde betogings en nagwake voor SA Hoë Kommissariaat in Ottawa, Kanada, teen geweldsmisdaad in SA insluitende teen boere, asook teen etniese suiwering, rassisme en korrupsie ► Op Vrouedag 9 Augustus Antieke & Versamelaarsmark by Voortrekkersmonument, Pretoria, 09:00 tot 15:00, alle stalletjie volbespreek, toegang R30 per voertuig, geen troeteldiere ►

Pogings om vorige landsvlag te kriminaliseer

Die Nelson Mandela Stigting het aansoek gedoen by die Gelykheidshof dat die vertoon van die Oranje Blanje Blou, die vorige landsvlag, haatspraak, onbillike diskriminasie en teistering gebaseer op ras bevorder. Inmiddels word in radikale en liberale kringe 'n bohaai opgeskop as die vorige landsvlag in die openbaar vertoon word, maar terselfdertyd kraai geen haan daarna as die hamer en sekel met sy bloeddorstige en onderdrukkende verlede vertoon word.

In 'n mediaverklaring oor hierdie kwessie sê die HNP o.a.: “Die aansoek van die Stigting is niks anders nie as ‘n daad van haat teen die Afrikaner en dus haatspraak op sigself. Suid-Afrika het op 31 Mei 1928 sy eie vlag amptelik in gebruik geneem: die Oranje Blanje Blou - vanjaar op 31 Mei 90 jaar gelede. Dit moet derhalwe vanjaar luisterryk landwyd met die vertoon van die vlag herdenk word.

“Hierdie vlag is ‘n simbool van orde, beskawing, vooruitgang, vryheid, respek vir kulturele verskille en ‘n Christelike bestel. Die vlag wat die ANC op ons afdwing, is ‘n simbool van verdrukking, moord, wanorde, verval, kultuurvertrapping, rassehaat en ‘n anti-Christelike bestel.

“Onder dié vlag het Suid-Afrika ná Republiekwording ‘n absolute vrede beleef, terwyl daar groeiende eenheid in volksgeledere was en die land ‘n ongekende bloeitydperk op ekonomiese gebied beleef het. Onder die Oranje Blanje Blou is die stryd teen die kommunisme geveg en onder die gewapper daarvan het ons soldate roem verwerf.

“Ons mag nie toelaat dat nog ‘n stuk van ons geskiedenis uitgewis word nie.”

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top