►Voorspoedige 2020 | Ditsem Nuus kantoor weer oop | Teken in op die DitsemBlits vir daaglikse Nuushooftrekke en weeklikse Nuuskommentaar►

Rapportryers Bybel-vasvra

Die Rapportryerbeweging (RRB) bied jaarliks 'n Bybelvasvra-kompetisie vir spanne van laerskoolleerlinge tot Graad 7 aan, met die oorhoofse doel die bevordering van die jeug se liefde vir die Bybel en Bybelstudie en die bevordering van kommunikasie- en samewerkingsvermoë. Volgens die webwerf van die RRB oor die kompetisie “gaan die lewe oor meer as net wen en dit is juis waarom soveel as moontlik kinders die geleentheid gebied moet word om deel te neem. Die gedagte is juis dat elke kind wat deelneem, die mense rondom hom/haar ook positief kan beïnvloed en die Woord só uitgedra word - veel verder as net die skool en die afrigter, maar ook gesinne.”

In 2017 113 spanne uit 49 skole aan die Bybelvasvra-uitdunrondtes deelgeneem, 77 spanne het die Afrikaanse vraestel voltooi en 12 spanne die Engelse vraestel. 23 junior spanne het in Afrikaans deelgeneem, en een junior span in Engels. Die top 11 senior spanne is deur na die finale rondte, waar uiteindelik die span van Randhart, Alberton, te voorskyn getree het as nasionale kampioenspan vir 2017.

Die prysgeld is R4 000 vir die eerste plek, R3 000 vir die tweede plek en R2 000 vir die derde plek. Die top 10 spanne ontvang ook ‘n spesiale sertifikaat, terwyl die drie top spanne tydens die finale rondte ook spesiale sertifikate ontvang. Al die spanlede ontvang ook ‘n Bybel. Die top junior span ontvang prysgeld van R1 000 en ‘n spesiale sertifikaat.

Die datums vir vanjaar is: 1ste Rondte : 19 tot 22 Mei 2018 2de Rondte : 17 tot 20 Aug 2018 Finale Rondte : 19 tot 21 Okt 2018 Inskrywingsgeld: R300 per senior span en R180 per junior span. Sluitingsdatum vir inskrywings : 22 April 2018.

Vir meer besonderhede, kontak die organiseerder dr. Hennie Schmidt by 084 603 6037 of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of besoek www.rapportryers.org.za.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

1 comment

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top