► Op AfriForum Netwerk, aanlyn databasis van ondernemings wat in Afrikaans sake doen, al sowat 2 000 sake-ondernemings geregistreer ► Groep van ondersoekende joernaliste bekend as amaBhungane toon in verslag dat EFF-lede na bewering voordeel getrek het uit brandstoftender van bykans R500 miljoen van Tshwane in Januarie 2019 ► Arvitha Doodnath, jong regsdosent, by Vaal Universiteit van Tegnologie, Saterdagaand in Johannesburg doodgeskiet tydens motorkaping ► Einde Junie 2019 10,2 miljoen verbruikers in SA het skuldprobleme en verswakte kredietgeskiedenis, swakste sedert Junie 2015 ► Eben Etzebeth dien deur sy prokureurs teenaanklag in by MRK en vra dat hul saak by Gelykheidshof in hersiening geneem word ► Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) waarsku in jaarverslag dat 4de-nywerheidsrewolusie (4NR) en tegnologiese outomatisasie in SA kan lei tot derduisende werksverliese regdeur hele ekonomie ► Pres. Xi Jinping waarsku, met verwysings na aanhoudende betogings in Hong Kong, dat “enige pogings om China te verdeel sal lei tot gebreekte liggame en beendere tot poeier gemaal” ► Siriese weermag span kordon soldate en wapentuig oor hele linie tussen Turkse invalsmag en Koerdiese gebied; pres. Trump dreig Turkye met sanksies wat hul “ekonomie kan breek” ► Spaanse hof lê tronkstraf op vir 9 leiers van afskeidingsbeweging in Katalonië, vra vir uitlewering van hoofleier Carles Puigdemont wat in 2017 na België gevlug het ►

FAK Internasionale Afrikaans-Ekspo

Die FAK het pas hul jaarlikse Internasionale Afrikaans-Ekspo bekendgestel, ’n opwindende skryf- en kreatiewe kunstekompetisie wat fokus op leerders en studente se kreatiewe hantering van Afrikaans. Die tema vanjaar is Erfenis en wel met  “erfenis dit wat ons geërf het: die somtotaal van die natuurlewe en natuurskoon, plekke van wetenskaplike of geskiedkundige belang, nasionale monumente, historiese geboue, kunswerke, literatuur, asook musiekerfenis, koserfenis, taalerfenis en selfs ou Huisgenootjies.”

Die FAK moedig alle graad 6- tot 12-leerders en studente, Afrikaanse huistaalsprekers of sprekers wat Afrikaans as nie-moedertaal het, in enige land, om hulle erfenis te deel d.m.v. ’n dagboekinskrywing, ’n resensie, ’n opstel, ’n kortverhaal, poësie, fotografie en skilderkuns.

Inskrywings kan op 3 maniere ingedien word: Klik hier om aanlyn in te skryf / Per epos na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. / Per hand by die FAK-kantoor op die Voortrekkermonumentterrein, Pretoria. Alle inskrywings moet teen 31 Julie 2018 ingehandig wees. Geen inskrywingsgeld word gevra nie.

Groot pryse van duisende rand is op die spel. Vir meer inligting besoek www.fak.org.za.

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top