► Volgens SA in Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) toon jongste misdaadstatistiek vir SAPD tesame met vorige statistiek dat sedert 1994 in SA sowat 500 000 moorde gepleeg is en 1 miljoen verkragtings ► Prof. Rudolph Zinn van Unisa sê uit navorsing blyk dit dat van die misdadigers voer tot 107 misdrywe uit voordat hulle gearresteer word ► Solidariteit Netwerk loods nuwe Sol-Tech kampus in Pretoria teen koste van R300 miljoen, sal huidige kampus vir 1 200 studente verdubbel en sal na verwagting deure open in Januarie 2021 ► Kyk by hierdie video hoe top bevelvoerders van SA Vloot en Lugmag in Parlement getuig hoe vloot en lugmag op rand van ineenstorting is ► Vrou (55) in Oos-Vrystaat gisteraand terwyl sy gebad op ‘n plaas aangeval en verkrag, aanvaller vlug en niks gesteel nie ► Op die Economic Freedom of the World (EFW) 2019 verslag val Suid-Afrika 54 plekke na nr. 101 uit 162 lande, vanaf plek 47 in 2000 – volg hierdie skakel vir meer inligting ►Dit lyk of Britse premier Boris Johnson ‘n deurbraak met Brexit kan maak na ooreenkoms oor grensbeheer met Ierse Democratic Unionist Party (DUP) ► Voormalige Bok-afrigter Peter de Villiers sê hy gaan nie Springbokke vanjaar by Wêreldbeker ondersteun nie, omrede vroeëre betrokkenheid van Eben Etzebeth by onderonsie met twee bruin mense in Langebaan ►

Martin Luther in Afrikaans

Ter viering van die 500ste jaar van die Hervorming is 'n nuwe Afrikaanse boek, Die Weerklank Van Martin Luther deur DC Groenewald pas gepubliseer. Dit bevat ‘n lewenskets van Luther, 'n uiteensetting van sy teologie en sy 95 stellings. Dit beslaan 96 bladsye en is by Christian Liberty Books beskikbaar @ R50, posgeld uitgesluit.

'n Resensie van die boek lees as volg: “Baie jongmense verlaat ons gevestigde kerke vir charismatiese denominasies. Die rede hiervoor is dikwels omdat die Kerk se dogma in 'n taal verduidelik word wat nie op die vlak van die jongmense is nie en nie die bepaalde sosiale omstandighede van die tyd aanspreek nie. Die meeste van die teologiese materiaal is in Engels beskikbaar en is verder uiters akademies.

“Daarom is 'n perspektief in Afrikaans, wat ons lidmate se kontekstuele omstandighede aanspreek, dringend noodsaaklik. Die bydrae van Groenewald is besonder betekenisvol en nodig. Dit spreek tot die hart van Luther se oortuiging as hy die Bybel in die taal van sy volksgenote vertaal.

“Die bydrae in Afrikaans gee ons die geleentheid om die juistheid, diepte en hart van Lutherse teologie te verstaan. Dit spreek duidelik tot die tema van Hervorming wat voortdurende vernuwing, oplewing en toepaslikheid insluit.” 

Gradeer die artikel
(0 stemme)

Lewer kommentaar

Vul al die vereiste velde in (*)

Go to top