Print this page

Nuwe fotoboek oor Grensoorlog

Kraal Uitgewers het pas 'n insiggewende nuwe boek oor die grensoorlog gepubliseer, nl. From Cunene to Cabo Delgado deur die gewilde skrywer Louis Lubbe. Die boek bevat nagenoeg 500 foto’s en dek elke aspek van die oorloë wat oor ’n tydperk van 28 jaar in die destydse Suidwes-Afrika, Angola, Rhodesië en Mosambiek gewoed het.

Vir die samestelling van hierdie boek het Lubbe ongeveer 16 000 foto’s deurgesoek uit persoonlike versamelings van oudsoldate, joernaliste, oorlogskorrespondente en enigiemand anders. From Cunene to Cabo Delgado is ingedeel volgens die onderskeie streke waar die oorloë plaasgevind het, naamlik die Portugese koloniale oorloë in Angola en Mosambiek, die Rhodesiese Bosoorlog, en die SA Grensoorlog in hoofsaaklik Suidwes-Afrika.

Die boek bevat ook ’n hoofstuk met waardevolle statistiek oor die sterftes wat in elkeen van hierdie konflikte opgeteken is, sowel as ’n afdeling oor die herontplooiing van Suid-Afrikaanse troepe. Elkeen van die oorloë word boonop ingelei deur ’n opsomming van die belangrikste gebeure wat tot die konflik gelei het, noemenswaardige gebeure tydens die oorloë en die uiteindelike beëindiging daarvan.

From Cunene to Cabo Delgado is beskikbaar by Kraal Uitgewers teen R360.

Gradeer die artikel
(1 Vote)