Print this page

Beroemde boeke van FA Venter herdruk

Die gevierde skrywer FA Venter se werk maak steeds sedert die sestigerjare ‘n prominente deel uit van die Afrikaanse literêre kanon – sy trekker-tetralogie Geknelde land (1960), Offerland (1963), Gelofteland (1966) en Bedoelde land (1968). Dit teken uitnemend en grafies die geskiedenis van die Groot Trek aan die hand van histories-korrekte fiksie.

Nadat die gewilde boeke vir jare uit druk was, het Protea Boekhuis verlede jaar die eerste twee boeke in hierdie reeks herdruk en pas het die derde boek in die reeks, Gelofteland verskyn, met die laaste boek Bedoelde land, wat teen Junie in boekwinkels beskikbaar behoort te wees.

Venter, bekend vir sy geskiedkundige romans, kortverhale en jeugboeke, in in 1961 die Hertzogprys vir prosa ontvang vir Swart Pelgrim en Geknelde land. Sy laaste boek, Van Botterkraal na Altena, het in 1996 ter viering van sy 80ste verjaardag verskyn. Hy is op 8 Julie 1997 oorlede.

Gradeer die artikel
(1 Vote)

2 opmerkings