Print this page

Twee nuwe publikasies oor Grensoorlog

Twee nuwe publikasies oor die Grensoorlog het onlangs by Kraal Uitgewers verskyn, nl. Ratels aan die Lomba: Die storie van Charlie-eskadron deur Leopold Scholtz en From Cunene to Cabo Delgado deur Louis Lubbe.

Ratels handel oor die groep jong dienspligtiges wat in Oktober 1987 aan ’n kritieke geveg aan die Lombarivier, in die suide van Angola, deelgeneem het, bekend as Charlie-eskadron, die sg. ystervuis van 61 Gemeganiseerde Bataljongroep. Met soveel wat teen hulle getel het – die terrein, die getalsoorwig van die Angolese mag en wapentuig – het hulle tog daarin geslaag om die Goliat te oorwin en die Angolese 47 Brigade so te sê uit te wis.

Die fotoboek From Cunene bevat nagenoeg 500 foto’s van elke aspek van die oorloë wat oor ’n tydperk van 28 jaar in Suidwes-Afrika, Angola, Rhodesië en Mosambiek gewoed het en is die produk van lang en deeglike navorsing.

Vir meer besonderhede, besoek www.kraaluitgewers.co.za

Gradeer die artikel
(0 stemme)